Hoeveel vryheid vir my kind?
- Oulike ma
- Pieter en Irmgardt Botha
Elke kind, of dit nou ’n kleuter of ’n tiener is, smag na vryheid. Maar hoe weet jy wat om wanneer toe te laat?
Hê reëls oor jou kind se uitslaap en inkomtye
Jou jongste smeek jou om by ’n maatjie oor te slaap en jou oudste kerm om sy inkomtyd ’n bietjie te rek. As ouer probeer jy kophou en verstandige besluite neem.
Maar tussen wat die “boek” sê, wat jy self as kind beleef het en wat ander ouers toelaat, raak dit al hoe moeiliker.
“Jou kind se veiligheid en welstand kom altyd eerste,” sê Karin, ’n opvoedkundige sielkundige. Voel jy gerus oor die mense waar sy gaan oorslaap en voel jou kind gemaklik daarmee? Baie kleintjies het ’n behoefte om by ’n maatjie te gaan oorslaap, maar hulle is dikwels nie emosioneel reg nie. Begin met oor-en-weer speeltye en rek dit dan tot sy gereed is om te oornag.
Karin laat nie haar laerskoolkinders ná donker uitbly nie. In uitsonderlike gevalle het sy dit al toegelaat – mits sy seker was oor hulle veiligheid en die tipe toesig. ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dis heeltemal natuurlik dat jy jou kinders in ’n glaskas sou wou sit om hulle teen die lewe te beskerm. Tog móét hulle vir noodsituasies ...
Dis belangrik om jou kinders vroeg-vroeg al takies te gee om te verrig. Só word hulle fluks groot met die idee dat werk normaal is. ...