Dogtertjie-ma? Nooit! Toe word dit ’n avontuur

Die kuns om net jouself te wees

Die beeldskone krulkop REANDI GREY kleur jou dag in deur net haarself te wees. As huweliksmaat, mamma, aktrise en klereontwerper leef sy haar droom uit. Sy fokus op dít wat haar siel voed en gelukkig maak. 

Ek mis die eenvoud en vryheid van die plaaslewe.  

“Kan ek op die plaas gaan bly?” het ek gevra.

My ouers was geskok. Hoekom wil ’n klein meisietjie dan nou haar ouerhuis verlaat.

Tog het my ouers verstaan dat my hart, siel en gees op die Vrystaatse plaas geblom het. Daarom het ek elke langnaweek en skoolvakansie gaan kuier.

Dit was vir my vreeslik lekker om die plaas vir Oupa te bestuur. Ek het soggens vroeg opgestaan, die windbuks gevat en die vinke wat Oupa se bome uitroei, gaan skiet. Dan is die eiers uitgehaal en daar vir die diere kos gegee.

Daar het ek geleer hoe om gelukkig met myself, nes ek is, te wees.

Ek kan inspirasie en motivering op enige plek vind. 

As kunstenaar vat dit nie baie om inspirasie te ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Van jongs af het DORETTE POTGIETER bekoor as ballerina en aktrise. Bekend vir haar rol in Egoli, en onlangs in Plan B, is sy ook ...

ELIZMA THERON het al groot hoogtes bereik as sangeres, aktrise en model, maar dié ma van twee weet dat haar gesin veel belangriker as roem ...

Scroll to Top