[OUDIO] Verloor gewig op ’n natuurlike manier
- Nuwe jy [Oudio]
- Danelle Dreyer, eienaar van ’n gesondheidskliniek en finalis van die realiteitsreeks Ster-Status
Eet meer gereeld om gewig te verloor. As jy dit daaglikse deurvoer, is dit moontlik om gewig te verloor. En belangriker, ’n goeie gewig in stand te hou.
Begin jou oggend vroeg sodat jou metabolisme aan die gang kom. Deur gereeld deur die dag iets te eet, hou jy jou metabolisme die heeltyd aan die gang. Heelwat energie en vet word dan in die proses verbrand.
Dit hang natuurlik alles van kalorieë en porsies af. As jy jou kalorie-inname beperk, sal jy vet verbrand, al eet jy gereeld. Dit is die basiese beginsel waarop gewigsverlies gegrond is.
’n Voorbeeld van vyf gesonde maaltye vir die dag begin oudergewoonte met hawermout vir ontbyt. ’n Groen appel is ’n gesonde peuselhappie vir later in die oggend. Kies iets soos hoenderslaai vir middagete.
’n Whey protein shake is ook ’n gesonde keuse vir ’n peuselhappie deur die dag, asook ’n klein porsie vetvrye biltong of amandels.
Vir aandete eet is dit maer vleis soos hoenderfilette met groen groentes. Geur dit met sout en peper en maak dit op verskillende maniere gaar.
Oor ons
Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!