Pragtige grimering wat die hele dag hou

Pragtige grimering wat die hele dag hou 

In ons somerklimaat kan ’n paar wonderwenke help om jou grimering ná ’n lang, warm dag steeds mooi te laat vertoon. 

Smeltende grimering, gesmeerde oogomlyner en verbleikte lipstiffie kan enige somersdag versuur.

Hier is ’n paar wenke om te verseker dat jy selfs op die warmste dag op jou beste lyk …

Begin met ’n olievrye bevogtiger en sonskerm. Vir jou onderlaag kan jy ’n basislaag (primer) wat silikoon bevat, gebruik. Dit sal jou vel versag en die onderlaag absorbeer.

Gebruik ook ’n gesigpoeier bo-op die onderlaag. Wend dit met ’n poeierkwas aan om die grimering te beskerm en om te keer dat jou gesig blink.

’n Klein bietjie deurskynende gesigpoeier sal jou lipstiffie ’n matafwerking gee en dit langer laat hou. Wend twee lagies lipstiffie en poeier, lagie vir lagie aan en jy sal vind dat jou lippe heeldag mooi en afgerond vertoon.

Om te verseker dat jou oogskadu die hele dag skitter, kan jy ’n onderlaag en deurskynende poeier bo-op die oog aanwend voordat jy met jou ooggrimering begin. Gebruik ’n goeie kwaliteit oogskadu.

Twee ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Goed gedefinieerde, voller wenkbroue gee definisie aan jou gesig. Dit is maklik om met ’n paar grimeerkunsies die illusie van perfekte wenkbroue te skep. Dié ...

Die regte lipkleur kan jou voorkoms sommer onmiddellik opkikker. Maar hoe kies ’n mens uit die reënboog-warboel van opsies? Daar is ’n ongelooflike verskeidenheid grimeerprodukte ...

Scroll to Top