
SOEKIE KROG – Hoe jou foute jou na beter besluitneming kan lei
- My geloof
- Soekie Krog
SOEKIE KROG van Radikids-faam het al haar kwota swak besluite geneem, maar dit het haar die vermoë gegee om vandag beter keuses te kan maak.
Dit is jou keuse om te leer uit jou foute
“Eendag moes ek en my dogter ’n onbekende pad ry,” vertel Soekie. “Aanwysings was onduidelik en ek was oortuig ons het verdwaal. Toe ek begin stres oor die moontlikheid dat ons die verkeerde pad gekies het, het my dogter verontwaardig gesê: ’Daar is nie ’n verkeerde pad nie, Ma, net ’n langer pad.’”
Soekie vertel dat haar supervrou-prentjie daardie dag vernietig is. “Ek het besef ek mág foute maak. Soos ’n goeie pa, het die Here my soms toegelaat om my (harde) kop te stamp en iets daaruit te leer, sodat ek volgende keer eerder op Hom kan vertrou.”
Dis steeds vir haar moeilik om groot besluite te neem, al is sy ’n Christen. Veral as die “links” en die “regs” van ’n situasie ewe goed lyk. “Ek het geleer dis ’n goeie navigasie-beginsel om te beplan en te beweeg vanwaar jy nóú is,” sê sy.
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Swemkampioen NATALIE DU TOIT het haar beenamputasie in ’n storie van deursettingsvermoë en hoop omskryf. Haar ongelooflike gees en prestasies is ’n inspirasie. Die krag ...
MARGIT MEYER-RÖDENBECK, bekend as Dowwe Dolla, moes in 2003 hulpeloos toekyk hoe kanker haar ma steel. Haar hart wou verdrink, maar sy het gekies om ...

Oor ons
Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!