
NATALIE DU TOIT – ’n Simbool van hoop en deursettingsvermoë
- My geloof
- Natalie du Toit
Swemkampioen NATALIE DU TOIT het haar beenamputasie in ’n storie van deursettingsvermoë en hoop omskryf. Haar ongelooflike gees en prestasies is ’n inspirasie.
Die krag van die regte ingesteldheid en ’n positiewe gesindheid
Natalie du Toit was reeds ’n swemkampioen van formaat vóórdat haar been ná ’n bromponie-ongeluk geamputeer is.
Ná die ongeluk, is sy selfs ’n groter kampioen – in én uit die water. Haar positiewe gesindheid het beslis ook haar keuses beïnvloed.
“Ek het voor dié ingrypende gebeurtenis tien goue medaljes by die Westelike Provinsie se swemkampioenskapsbyeenkoms verower,” onthou Natalie. “Ná die amputasie van my been, het almal om my in trane uitgebars.
“Dit was moeilike oomblikke en die frustrasie om in ’n hospitaalbed te lê, het my opgevreet. Ek het geweet as ek net kon oefen, sou ek beter voel. Nadat ek die foto’s van my been gesien het, het ek verstaan en aanvaar hoekom dit geamputeer moes word.”
Haar lewe het fisiek ingrypend ná die ongeluk verander.
“Tog was my ingesteldheid van so ’n aard dat ek net wou aanhou doen ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
SOEKIE KROG van Radikids-faam het al haar kwota swak besluite geneem, maar dit het haar die vermoë gegee om vandag beter keuses te kan maak. ...
MARGIT MEYER-RÖDENBECK, bekend as Dowwe Dolla, moes in 2003 hulpeloos toekyk hoe kanker haar ma steel. Haar hart wou verdrink, maar sy het gekies om ...