Ek het ’n sagte kant van die Here ontdek Carline-Grace Brussouw

Ek het ’n sagte kant van die Here ontdek

CAROLINE–GRACE BRÜSSOW van The Voice is mooi en slim, en het ’n pragtige stem. Sy het gedink sy moes net heeltyd werk aan die goed waaraan sy moes verander – totdat sy ’n sagte kant van die Here ontdek het. Eintlik is daar ook baie genade want die Here ken haar hart …

Dis ’n vraag wat my al lank teister: Is ek goed genoeg?

Ons elkeen kry sekere geskenke – talente – wat in ons hart geplant word as ’n passie. Dis die sagte stem in ons binneste wat ons aanmoedig om nie tou op te gooi nie.

Ongeag my twyfel, kon ek daardie stem nie ignoreer nie.

Baie versigtig het ek hierdie geskenk in my hart begin oopmaak – geleenthede aangegryp om my talent te oefen en te ontwikkel.

In matriek het ek ’n groot rol gekry in ’n skolemusiekproduksie, waarvan die hoofrolle deur professionele sangers vertolk sou word. Ek was heeltemal uit die veld geslaan.

Ek het kliphard gewerk om almal wat gedink het ek was te jonk en onervare, verkeerd te bewys.

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dis dalk ’n vriendin. ’n Kollega. Of ’n bekende na wie jy opgesien het. Hulle het gesê hulle glo een ding maar toe anders geleef. ...

Grappies oor skoonma’s is volop, maar ’n lewe saam met jou man se ouers kan allesbehalwe ’n grap wees. Hier is raad vir skoonfamiliepyne. Kritiek ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!