Asemhalingstegnieke om stres en angstigheid te verminder

Asemhalingstegnieke om stres en angstigheid te verminder 

Sukkel jy met stres en angs? Leer praktiese en kragtige asemhalingstegnieke wat jou sal help om jou gemoed te kalmeer, te ontspan en in beheer te voel. 

Die meeste van ons ervaar dae wanneer dit voel of baklei of weghardloop al manier is om van alles te ontsnap.  

’n Maklike tegniek om die probleem aan te spreek, is om op jou asemhaling te fokus. Ons doen dit dalk 23 000 keer per dag, maar baie van ons doen dit verkeerd!  

Dit is omdat ’n mens, wanneer jy gestres is, ...

Sukkel jy met stres en angs? Leer praktiese en kragtige asemhalingstegnieke wat jou sal help om jou gemoed te kalmeer, te ontspan en in beheer te voel. 

Die meeste van ons ervaar dae wanneer dit voel of baklei of weghardloop al manier is om van alles te ontsnap.  

’n Maklike tegniek om die probleem aan te spreek, is om op jou asemhaling te fokus. Ons doen dit dalk 23 000 keer per dag, maar baie van ons doen dit verkeerd!  

Dit is omdat ’n mens, wanneer jy gestres is, suurstof in jou longe intrek en daarom vlak, uit jou borskas, asemhaal. Hoe meer gespanne jy voel, hoe vinniger en vlakker haal jy asem.  

Hoe doen jy dit dan “reg”? Soos ’n kind.  

Kinders haal nie uit hulle borskas asem nie, maar uit hulle maag.  

Buikasemhaling (abdominal of belly breathing) het ’n uitwerking op jou hart en bloedvate. Deur diep, beheersde teue te neem, forseer jy jou gemoed om vir ’n oomblik te kalmeer, wat die gevoel van angstigheid help verminder.  

’n Maklike manier om dit te oefen, is om oor ’n stoel te leun. Sit jou elmboë op jou knieë. Terwyl jy vooroor leuen, doen drie diep inhalasies.  

Sit jou hand op jou maag en probeer om dit drie keer soos ’n ballon op te blaas. As jy dit regkry, sal dit die ontspanningsreaksie in jou liggaam aktiveer en die veg-of-vlug respons tydelik afskakel.  

Dit is belangrik om hierdie tegniek ten minste een maal per uur of tien keer per dag te herhaal totdat jy in die gewoonte kom om te ontspan.  

Deur op jou asemhaling te fokus, leer jy om in die oomblik te leef. Dit sal die gevoel van angstigheid verminder en jou help om dit wat jy het en wat rondom jou is, te geniet. 

Deel die artikel

Méér artikels

Plastiese chirurgie is lankal nie meer eksklusief beskikbaar vir ’n uitgesoekte handjievol persone nie. Vandag is Botox so algemeen soos ’n facial. Jy het seker ...

Metaboliese sindroom is ’n leefstylsiektetoestand wat wêreldwyd al hoe meer voorkom en hou ’n enorme bedreiging vir jou gesondheid in. Metaboliese sindroom kom by een ...

Scroll to Top