Bederf jou gesin met ’n lekker vakansie op die Tuinroete [Vennoot]

Bederf jou gesin met ’n lekker vakansie op die Tuinroete

ATKV-Hartenbos is ’n spoggerige oord, geleë op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Gqeberha en bied aan besoekers die perfekte gesinsvakansie in die vars seelug. Dis naby die lughawe geleë en ’n ware paradys vir natuurliefhebbers.    

’n Verskeidenheid ontspanningsgeriewe vir die hele gesin 

Asof die natuurskoon nie genoeg rede is om die wêreldbekende Tuinroete jou keuse vir ’n wegbreek te maak nie, spog ATKV-Hartenbos ook met ’n verskeidenheid ontspanningsgeriewe en vermaakaktiwiteite soos ’n pretpark, mini-gholfbaan, die Seefront-sentrum en nog vele meer.

Daar is iets vir die hele ...

Daar is iets vir die hele gesin om te doen om te verseker dat almal hulle vakansie ten volle geniet.

Bespreek nou jou gesinsvakansie! 

ATKV-Hartenbos bied aan jou die blaaskans wat jy verdien. Bespreek by hartenbos.co.za/besprekings of hou atkvoorde.co.za/promosies/ dop vir sakpas-aanbiedinge.

Bespreek nou jou gesinsvakansie!

Ongekende gasvryheid met die mooiste uitsig oor die see en natuur 

By ATKV-Hartenbos word elke gas deur pragtige natuurtonele en met ongekende gasvryheid verwelkom.

Sakpas-gesinsvakansies by die see is moontlik met die oord se verskillende soorte verblyf waar jy per eenheid en nie per persoon betaal nie.

Dit spog verder ook met verskillende soorte selfsorgakkommodasie soos rondawels, strandhuise, rivieroewerhuise, asook verskeie luukse verblyfopsies met bed en ontbyt by die Seefront-solders.

Die oord is ook die perfekte plek vir ’n heerlike woonwavakansie.

Die magdom kampeerstaanplekke tot jou beskikking is elk toegerus met ’n kragpunt, met ’n keuse van see-uitsig of geen see-uitsig nie.

’n Ware paradys waar jy werklik net kan ontspan

 By ATKV-Hartenbos voel almal tuis. Dit is daarom geen verrassing dat hierdie oord as die ATKV se vakansieparadys bekend staan nie.

Hartenbos dien as die ideale basis vanwaar jy die magdom toeriste-attraksies in die omgewing kan verken, en streef daarna om altyd ’n veilige en skoon omgewing te bied.

As jy ’n ruskans kort, en op soek is na vars seelug en branders wat op jou voorstoep breek, is Hartenbos jou antwoord!

Neem ’n wegbreek na jou tuiste langs die Tuinroete en kom geniet bekostigbare Mosselbaai-pret!

ATKV-Hartenbos bied aan jou die blaaskans wat jy verdien. 
Bespreek by hartenbos.co.za/besprekings of hou atkvoorde.co.za/promosies/ dop vir sakpas-aanbiedinge.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Kies uit een van die ATKV se sewe spogoorde vir ’n vakansie wat die hele gesin sal geniet. Daar is iets vir almal, of jy ...

Dit is nou die ideale tyd vir ’n rustige wegbreek by een van die ATKV se oorde. Geniet pragtige lenteweer, laer tariewe, en ontspan in ...

Scroll to Top