Bou ’n hegte band met jou kind
- Oulike ma
- Vertaal en verwerk uit Stop arguing with your kids (Michael P. Nichols). Vertaal en verwerk uit Stop: a Five-step plan for eliminating barriers between you and your teen (Rodney Seale) deur Ilze Ludick.
As jou kinders groter word, beweeg hulle ’n bietjie verder weg van jou. Hoe sorg jy dat daar ’n stewige band van liefde tussen julle bly?
In ’n verhouding is aksie belangriker as woorde
Dr. Rodney Seale sê: “Die belangrikste vraag wat jou kind permanent op die brein het, is: ‘Is julle lief vir my?’ Om dit te sê is nie genoeg nie. Jou optrede dra altyd die meeste gewig.”
Verstaan eers mooi wat dit beteken om te luister. Woorde is welkom, maar vir kinders is aksie belangriker. Jou kind word baie meer beïnvloed deur jou optrede as jou woorde.
Dis net wanneer jy jou volle aandag gee dat jou kind voel hy is spesiaal. Daarom is dit belangrik dat jy nooit, ooit jou selfbeheersing moet verloor nie. As jy oorreageer, onbeheersd gil en dinge sê waaroor jy later gaan spyt wees, verloor jy haar respek.
Jou tiener gaan dikwels net ’n skimp gooi dat sy jou liefde en aandag nodig het. Sy mag dalk sommer oor iets oppervlakkigs begin praat. Sy is besig om tyd te wen en haar pad ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dis belangrik om jou kinders vroeg-vroeg al takies te gee om te verrig. Só word hulle fluks groot met die idee dat werk normaal is. ...
Daar is baie opinies oor kinders grootmaak; tog bly sekere basiese dinge belangrik. Gebruik reëls, roetine en rituele vir ’n gelukkige, gehoorsame kind. Duidelike reëls ...