Maak ’n goeie kansvatter groot!

Maak ’n goeie kansvatter groot! 

Om te waag is om te groei. Dit kan egter gevaarlik wees om risiko’s te loop. Hoe leer jy jou kind om gesonde kanse te waag? 

Ontwikkel die vermoë om gesonde kanse te waag 

Gesonde, gebalanseerde kinders moet kanse kan waag. Dit leer hulle oor vrees en moed. Dit laat hulle dinge beleef, laat hulle groei en laat hulle voel hulle lééf. Jou werk is om jou kinders voor te berei vir die lewe sodat hulle dit vol selfvertroue, met respek vir ander en produktief kan aanpak.

Suksesvolle mense gaan voluit vir iets nadat hulle dit goed oordink het. Hulle reik net so ’n bietjie verder en kan meetbare spronge neem om nuwe uitdagings te probeer. Hulle kan teleurstellings en mislukkings hanteer, want hulle weet beide is noodsaaklik om te groei.

Soms is die doelwit maar ver, en die kind kan nie noodwendig die eindresultaat sien nie. Deursettingsvermoë is daarom noodsaaklik. As hulle slaag, put hulle plesier uit hulle prestasies. Hulle geniet wat hulle bereik het, maar is ook realisties oor waartoe hulle in staat is.

Sommige kinders word gebore met ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Jy verskree of mishandel nie jou kinders nie, so, jy is heel tevrede met jouself. Maar wat van daardie kwetsende woorde wat jy so maklik ...

Boeta het nie prefek geword nie en Sus word siek voor die netbaltoer. Ma moet troos. Hoe leer jy kinders om teleurstellings te hanteer? Onrealistiese ...

Scroll to Top