Die beste salonbehandeling om jou mooier en jonger te laat lyk

Die beste salonbehandeling om jou mooier en jonger te laat lyk 

Daar is soveel salon- en verjongingskure op die mark. Sommige skoonheidsbehandelings kos ’n fortuin en party belowe drastiese resultate. Wat is jou moeite en geld werd? 

Indien jy net een behandeling wil oorweeg, is ’n goeie chemiese afskilfering een keer ’n maand of elke ses weke ’n moet. Hoe meer gereeld jy die dooie velselletjies verwyder, hoe beter penetreer jou velsorgproduk en hoe langer sal jy jou jeugdige voorkoms behou.  

’n Trichloorasynsuur- (TCA) afskilfering is veral goed om diep plooitjies en pigmentasie probleme te verminder. Hierdie prosedure verwyder meer lagies vel. Gevolglik ...

Daar is soveel salon- en verjongingskure op die mark. Sommige skoonheidsbehandelings kos ’n fortuin en party belowe drastiese resultate. Wat is jou moeite en geld werd? 

Indien jy net een behandeling wil oorweeg, is ’n goeie chemiese afskilfering een keer ’n maand of elke ses weke ’n moet. Hoe meer gereeld jy die dooie velselletjies verwyder, hoe beter penetreer jou velsorgproduk en hoe langer sal jy jou jeugdige voorkoms behou.  

’n Trichloorasynsuur- (TCA) afskilfering is veral goed om diep plooitjies en pigmentasie probleme te verminder. Hierdie prosedure verwyder meer lagies vel. Gevolglik is dit ’n bietjie ongerieflik. Raadpleeg verkieslik ’n dokter as jy hierin belang stel.  

Dan is daar die plasmapen. Hierdie relatiewe nuwe tegnologie werk fantasties om die vel stywer te maak en jonger te laat vertoon. Al is dit ’n bietjie duur, is dit steeds goedkoper as chirurgie. As jy sukkel met los vel, slegte tekstuur, fyn lyntjies of ’n dowwe voorkoms is hierdie verjongingskuur iets waarvoor jy gerus kan spaar.  

Botoks, dermale vullers en threads word ook hoog aangeskryf. ’n Goeie maandelikse behandeling, tesame met jou inspuiting elke drie maande, sal die tekens van veroudering aansienlik help vertraag.  

My gunsteling behandeling vir ’n skitterende, jeugdige voorkoms is ’n goeie mikro-naaldterapiesessie met ’n kollageen- of retinolserum.  

Jy hoef nie elke maand al jou swaarverdiende geld op elkeen van dié versorgingstegnieke te spandeer nie. Gaan so nou en dan vir die een of die ander en besluit waarvan jy hou en wat vir jou die beste resultate gee. 

Deel die artikel

Méér artikels

Enige veltipe kan sensitiwiteit ondervind, trouens ’n verrassende aantal vroue sukkel met dié toestand, wat kan wissel van matig tot ernstig. “Sensitief” en “allergies” beskryf ...

Annique Rooibos se betroubare en innoverende velsorg- en gesondheidsprodukte verseker dat elke vrou op haar beste lyk en voel. Jy kan nou ’n ekstra inkomste ...

Scroll to Top