
Maak só seker jou vel bly vogtig en glansend
- Velsorg
- Karien Henrico, somatoloog
Om te verseker dat ons vel ons liggaam teen UV-strale, mikro-organismes en toksiese middels beskerm, moet dit voldoende bevogtig word.
Dehidrasie is ’n toestand wat deur ’n tekort aan water veroorsaak word. Beide droë en olierige vel word hierdeur geaffekteer, alhoewel die olierige tipe, eienaardig genoeg, gewoonlik die maklikste vog verloor.
’n Verlies aan vloeistowwe veroorsaak ’n skubberige of growwe voorkoms met fyn oorkruis lyntjies en plooitjies wat verskyn as daardie deel van die liggaam beweeg.
Oormatige blootstelling aan die son, hitte of humiditeit of die gebruik van verkeerde produkte, oorywerige reinigingsmetodes, medikasie, rook of die gebruik van alkohol kan tot oormatige waterverlies bydra.
Dit kan lei tot ’n oppervlakkige of diepliggende probleem. Eersgenoemde is ’n ligter, minder opsigtelike toestand. Dit affekteer net die boonste lagies van die vel, en laat dit ’n bietjie grof en styf voel.
Ernstiger dehidrasie word dikwels veroorsaak deur interne skok, siekte, stres, natuurlike veroudering, menopouse en selfs narkose. Dit lei tot vroeë veroudering en die degenerasie van kollageen. Die vel verloor sy kapasiteit om vloeistof te behou en die dieper lae verloor fermheid.
Produkte ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Daar is soveel salon- en verjongingskure op die mark. Sommige skoonheidsbehandelings kos ’n fortuin en party belowe drastiese resultate. Wat is jou moeite en geld ...
Willa Krause Velsorg se Earth-reeks bevat doeltreffende, natuurlike roumateriale uit Afrika, soos baobab- en maroela-saadolie, rooibos en Kalahari-bitterwaatlemoen. Hierdie omgewingsvriendelike reeks bevorder kollageenproduksie, verminder fyn ...