Velsorg vir jou veltipe én begroting
- Velsorg
- Karien Henrico
Velsorgmiddels val hoofsaaklik in twee kategorieë, naamlik kosmetiese, oor-die-toonbank produkte en mediese velsorgprodukte.
Kosmetiese produkte werk oorwegend op die oppervlak, bevat minder aktiewe bestanddele en is veilig vir amper alle veltipes. Hulle laat jou lyf lekker voel en ruik en is gewoonlik goedkoper, tensy hulle ingevoer word.
Mediese velsorgprodukte word geformuleer om die dieper lae van die vel te penetreer en spesifieke kondisies soos velvlekke, selluliet, vergrote porieë en aknee te behandel. Dit word veral ook gebruik om veroudering, verlies van elastisiteit of tonus en sonskade teë te werk.
Wanneer dit kom by velsorg, is jou uiteindelike, deurslaggewende doelwit hidrasie, voeding, verbetering en herstel. Verskeie ander faktore, soos tegnologie, navorsing, grondstowwe en die kwaliteit van die bestanddele, sal ’n invloed op die prys hê.
Doen navorsing oor die vervaardigers en die verspreiders. Vind uit of hulle hulle produkte en die aktiewe bestanddele daarin toets.
Gebruik hulle net dit wat noodsaaklik is of sit hulle onnodige bymiddels en parfuum by? Is die grondstowwe van ’n goeie gehalte en sal dit werklik die resultaat lewer wat hulle belowe?
Kry ’n produk wat ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Annique Rooibos vervaardig rooibosprodukte van hoë gehalte wat jou vel in ’n japtrap vlekkeloos, stralend en jonger sal laat lyk. Velsorg was nog nooit so ...
Is jy passievol oor ‘n loopbaan in gevorderde velsorg of liggaamsbehandelings wat gesondheid en voorkoms verbeter? By die Isa Carstens® Akademie kan jy ’n verskil ...