Die beste salonbehandeling om jou mooier en jonger te laat lyk

Die beste salonbehandeling om jou mooier en jonger te laat lyk 

Daar is soveel salon- en verjongingskure op die mark. Sommige skoonheidsbehandelings kos ’n fortuin en party belowe drastiese resultate. Wat is jou moeite en geld werd? 

Indien jy net een behandeling wil oorweeg, is ’n goeie chemiese afskilfering een keer ’n maand of elke ses weke ’n moet. Hoe meer gereeld jy die dooie velselletjies verwyder, hoe beter penetreer jou velsorgproduk en hoe langer sal jy jou jeugdige voorkoms behou.  

’n Trichloorasynsuur- (TCA) afskilfering is veral goed om diep plooitjies en pigmentasie probleme te verminder. Hierdie prosedure verwyder meer lagies vel. Gevolglik is dit ’n bietjie ongerieflik. Raadpleeg verkieslik ’n dokter as jy hierin belang stel.  

Dan is daar die plasmapen. Hierdie relatiewe nuwe tegnologie werk fantasties om die vel stywer te maak en jonger te laat vertoon. Al is dit ’n bietjie duur, is dit steeds goedkoper as chirurgie. As jy sukkel met los vel, slegte tekstuur, fyn lyntjies of ’n dowwe voorkoms is hierdie verjongingskuur iets waarvoor jy gerus kan spaar.  

Botoks, dermale vullers en threads word ook hoog aangeskryf. ’n Goeie maandelikse behandeling, tesame met jou inspuiting elke drie maande, sal die tekens ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Willa Krause Velsorg se Earth-reeks bevat doeltreffende, natuurlike roumateriale uit Afrika, soos baobab- en maroela-saadolie, rooibos en Kalahari-bitterwaatlemoen. Hierdie omgewingsvriendelike reeks bevorder kollageenproduksie, verminder fyn ...

Thread lifts is die nuutste neiging in kosmetiese gesigbehandeling om van fyn lyntjies en plooie ontslae te raak. Threads maak dit deesdae nog makliker om ...

Scroll to Top