Raak ontslae van fyn lyntjies en plooie
- Velsorg
- Karien Henrico, somatoloog
Thread lifts is die nuutste neiging in kosmetiese gesigbehandeling om van fyn lyntjies en plooie ontslae te raak.
Threads maak dit deesdae nog makliker om sonder indringende snykundige prosedures ’n gladder, jonger voorkoms vir langer te behou.
Fyn chirurgiese draadjies word deur middel van ’n dikkerige naald onder die vel geplaas. Lokale verdowing verseker dat dit nie te seer is nie. Jy kan dit enige plek op die gesig – selfs in die nek – gebruik.
As natuurlike reaksie identifiseer die liggaam die garedraadjies as indringers. Kollageen word geproduseer om die “infeksie” te beveg wat die vel se volume verhoog. Afhangende van die soort, disintegreer die draadjies ná sowat drie maande. Die nuut opgeboude kollageenstruktuur bly en help om die vel se tekstuur te versterk.
Verskillende soorte threads word gebruik. Die fyn reguit draadjies help om die struktuur, veral in die wange, op te bou om van daardie hardnekkige plooitjies ontslae te raak Die spiraaltipe, wat soos ’n opgerolde varkstertjie lyk, word gebruik om ’n plomper effek te skep.
Dan kry jy ook ’n silhoeët-thread. Hierdie draadjies is meesal ’n bietjie langer en ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Is jy passievol oor ’n loopbaan in somatologie om ander se gesondheid en voorkoms te verbeter? By die Isa Carstens® Akademie kan jy ’n verskil ...
Aknee, die ellende wat menige van ons se tienerjare versuur het, kan ook op ’n latere ouderdom kop uitsteek. Olierige vel, swartkoppies en puisies is ...