Die Here is jou skuiling

Die Here is jou skuiling

Luister tog uit die hemel, u woonplek, en vergeef en gee aan elkeen wat hy verdien soos U sy hart ken, want net U ken die mens se hart.
(2 Kronieke 6:30)

Ek hoop vandag is ’n wonderlike dag en dat niks jou sal onderkry nie. As dit dalk tog nie so ’n aangename dag is nie omdat jy gebroke is en seer het, het ek goeie nuus vir jou: Gebrokenheid is die voordeur vir genesing en ’n nuwe begin vir groei en beter besluite.

Dit sluit dalk besluite in om te vergewe ...

Luister tog uit die hemel, u woonplek, en vergeef en gee aan elkeen wat hy verdien soos U sy hart ken, want net U ken die mens se hart.
(2 Kronieke 6:30)

Ek hoop vandag is ’n wonderlike dag en dat niks jou sal onderkry nie. As dit dalk tog nie so ’n aangename dag is nie omdat jy gebroke is en seer het, het ek goeie nuus vir jou: Gebrokenheid is die voordeur vir genesing en ’n nuwe begin vir groei en beter besluite.

Dit sluit dalk besluite in om te vergewe en aan te beweeg. Begin deur jouself te vergewe, want dit is soms die moeilikste ding om te doen. Jy stel dalk te hoë vereistes aan jouself.

God is jou skuiling. Gebruik hierdie skuiling om na waarheid en sin in jou lewenswandel te soek. Die hart is bedrieglik bo alle dinge. Daarom is dit belangrik om Hom, wat die kenner van die hart en die toetser van kennis is, te vra vir insig en rigting.

As daar nog enigsins vrae is rondom jou bestaan en God se doel met jou lewe, is nóú die aangewese tyd om dit te doen. Ons het die reg om te vra dat die Vader dinge uitwys wat nie na wense is nie en waaraan Hy nog wil werk.

Wat jy ook al in jou hart ervaar, positief of negatief, dit maak nie saak nie: voel dit, verwerk dit en kom gerus daaroor. Moenie môre begroet met gister se hartseer nie; dit is net nie die moeite werd nie en dit gaan jou en almal om jou niks baat nie.

Onthou, God móét niks doen nie, maar Hy wíl alles vir ons doen tot eer van sy Naam. Mag jy vandag God se genesende hand ervaar in elke gebied van jou lewe en mag sy skuiling jou help op die pad vorentoe.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top