Atterbury se leefstylgerigte sentrums wil gemeenskappe versterk [Promosie]
’n Pragtige ontwikkeling waar karakter en kultuur ontmoet
In die boomryke woonbuurt Hazelwood lê die Old East Precinct – ’n bestemming met ’n dorpsgevoel.
Hier, tussen The Village, Village Walk en The Club Retail, vind besoekers unieke modewinkels, knus eetplekke en professionele dienste in ’n stapvriendelike, uitnodigende atmosfeer.
Die oorspronklike karakter van Hazelwood is nie net bewaar nie, maar met sorg versterk.
Oopstraat-koffiewinkels, eksklusiewe klereboetieks en lewendige musiekgeleenthede skep ’n ruimte waar bure ontmoet, ondernemings groei en herinneringe gebou word.
Wat dit besonders maak, is sy outentieke gees. Verbeterde sekuriteit, moderne infrastruktuur en goedversorgde publieke ruimtes dra daartoe by dat inwoners en besoekers werklik tuis voel – en bly terugkom.
’n Nuwe hoë standaard vir toekomstige leefstylontwikkelings
Op die geskiedkundige Waterkloof-plaas verrys ’n ontwikkeling wat Pretoria-Oos herdefinieer. Castle Gate is nie net ’n moderne winkelsentrum nie, dit is ’n geïntegreerde leef-, werk- en speelomgewing.
Met winkels soos Kloppers, Woolworths, Dis-Chem en Food Lover’s Market, en toekomstige residensiële, mediese en kommersiële fases, is Castle Gate sinoniem met toeganklikheid en gerief.
Wandelpaaie, groen ruimtes en omgewingsvriendelike infrastruktuur, insluitend ’n sonplaas en reënwateropvang, ondersteun ’n volhoubare leefstyl.
Die sentrum se omvattende pad- en brugopknappings, insluitend die nuwe vyfbaanbrug oor die N1, wys op ’n visie wat die stad aktief vorm en verbind.
’n Gerieflike sentra wat die gemeenskap op die hart dra
In Kaapstad bring Richmond Corner hoop en vooruitgang, ’n ontwikkeling wat spruit uit grondhervorming en vandag meer as 5 300 gemeenskapslede bemagtig.
Die 6 500m²-winkelsentrum is ten volle verhuur, met ankerhuurders soos Pick n Pay, Woolworths Food en Clicks, asook verskeie geriefs- en eetopsies.
As deel van Richmond Park, prioritiseer dié ontwikkeling toegang, werkverskaffing en volhoubaarheid.
Met reënwateropvang, ’n beplande sonplaas en verantwoordelike afvalbestuur, wys Richmond hoe handel ontwikkeling kan dien én gemeenskappe kan ondersteun.
Ontdek leefstylsentrums wat mense verbind.
Besoek vandag nog een van Atterbury se ontwikkelings wat unieke ruimtes bied waar inkopies, kuier en gemeenskap saamkom – ontwerp om mense gemak, inspirasie en ’n gevoel van behoort te gee.