Dink kreatief en spesifiek oor môre

Dink kreatief en spesifiek oor môre

Baie van ons weet van visualisering en om vooruit te sien, maar nie baie gebruik hierdie brein-gereedskap om hul lewens kreatief te beplan nie.

Gebruik kreatiewe denke om jou lewe suksesvol te maak  

Ons ken die definisie en betekenis van doelwitstelling, maar steeds bly dit ’n uitdaging om van môre ’n suksesvolle dag te maak.

Die basiese beginsels van stilword en om spesifiek en kreatief te dink oor die dag van môre en die dae daarna, word bestorm met vele take, pligte, beloftes aan ander en ...

Baie van ons weet van visualisering en om vooruit te sien, maar nie baie gebruik hierdie brein-gereedskap om hul lewens kreatief te beplan nie.

Gebruik kreatiewe denke om jou lewe suksesvol te maak  

Ons ken die definisie en betekenis van doelwitstelling, maar steeds bly dit ’n uitdaging om van môre ’n suksesvolle dag te maak.

Die basiese beginsels van stilword en om spesifiek en kreatief te dink oor die dag van môre en die dae daarna, word bestorm met vele take, pligte, beloftes aan ander en afsprake, wat in elk geval deel van ons lewens is!

Daar is egter ’n waardevolle wenk wat ek met jou wil deel: Elkeen van ons leef in twee wêrelde: Die een binne-in ons en die een buite ons.

Ons binnewêreld word beheer deur hoe ons dink, wat ons voel, wat ons toelaat om ons te beïnvloed, en soortgelyke kop-en-hartgesprekke.

Ons buite-wêreld word beheer deur wat ons hoor, lees, sien en in watter mate ons ons daardeur laat lei.

Omdat my lewe vir my so belangrik is, en ek so bewus is van die feit dat God ’n doel met my lewe hier op aarde het, is ek uiters bewus daarvan om my lewe met passie te kommandeer! Ek kies dus om my lewe te kommandeer deur meer na my innerlike wêreld te luister en te kyk.

Mense, die media en ou verkeerde gewoontes kan jou drie grootste vyande word wanneer jy werklik vooruit gelukkig en geseënd wil lewe.

Dus vra ek myself gereeld die vraag: Wie sê wat vir my, en wie is die iemand wat beter as ekself my persoonlike lewe ken en verstaan? Daar is gans te veel inmenging in ons lewe, juis ook omdat ons nie krities genoeg kyk na dit wat aan ons voorgelê word nie.

Neem beheer deur skeppend na die toekoms te kyk

Selfkennis is kragtig en stel ons oop om meer van onsself te ontdek.

Dit bring my uit by “oogklappe” – ’n lekker woord wat beteken dat ons soms nie die waarheid oor onsself wil raaksien nie. Ek glo ons hart fluister aan ons die name van mense wat ons kan help om meer van onsself te ontdek. Ja, ook dit wat nie reg is nie.

En dan, wanneer ons ervaar hoe sterk weerbaarheid is wanneer ons onsself oopstel vir insprake in ons lewe, is ons al stappe nader na ’n meer gelukkige en georganiseerde persoon!

Om jouself bloot te stel is nie ’n natuurlike ding nie, maar sedert ek dit die eerste keer gedoen het, het ek ’n sterker en ryker mens aan die ander kant uitgekom. Dit het my lewe op ’n positiewe, energieke baan geplaas waar ek skeppend na my toekoms kyk, en sowaar my lewe met drif kommandeer!

Deel die artikel

Méér artikels

Daar is sekere basiese behoeftes en beginsels wat ons in plek moet hê in ons lewens om voluit te kan leef. Leer hoe om balans ...

Jy droom om iets merkwaardig met jou lewe te doen. CATHERINE VAN HEERDEN help jou bepaal of jou ambisie die tyd werd is wat jy ...

Scroll to Top