Dis die opstaan wat saak maak

Dis die opstaan wat saak maak

Maar ons is nie van dié wat terugdeins en verlore gaan nie; nee, ons glo en ons sal lewe.  

(Hebreërs 10:39)

Dis nie hoe jy val nie, maar hoe jy opstaan wat saak maak. Dis so maklik om in ’n groef te val en in eie krag voort te stoom. As ek maar weer sien, besef ek opnuut dat ek nie die Here ten VOLLE vertrou in my lewe nie.

Ek hou self beheer oor my eie bekommernisse, my tydsbeplanning en ...

Maar ons is nie van dié wat terugdeins en verlore gaan nie; nee, ons glo en ons sal lewe.  

(Hebreërs 10:39)

Dis nie hoe jy val nie, maar hoe jy opstaan wat saak maak. Dis so maklik om in ’n groef te val en in eie krag voort te stoom. As ek maar weer sien, besef ek opnuut dat ek nie die Here ten VOLLE vertrou in my lewe nie.

Ek hou self beheer oor my eie bekommernisse, my tydsbeplanning en my geld. Ek stres oor my kinders se veiligheid en toekoms in ons land. Ek breek my kop elke maand oor hoe ons tog alles gaan betaal. Dit klink so maklik: Vertrou op die Here. Maar in die praktyk werk dit anders.

Hoekom laat Hy sekere gebeurtenisse in ons lewe toe? Dit is ’n vraag wat ek dikwels vra. Hoekom, Here, hoekom? En elke keer kom my Vader se antwoord saggies: “Vertrou My.” Geloof vra nie hoekom nie, maar sê: Ek verstaan dalk nie wat nou in my lewe aangaan nie, maar ek vertrou U, Here.

Al maak niks sin nie, die keuse lê by ons om ten volle vas te gryp aan Jesus se mantel, soos die vrou met bloedvloeiing, en met alles in ons te besluit om Hom te vertrou. Dan word jou juk sag en jou las lig. Dan besef jy God se krag en liefde vir jou, dat jy hopeloos te veel stres en te min bid.

Omstandighede word nie altyd van ons weerhou nie, maar ons het die keuse om dit in die Here se hande te sit. En dít maak ons anders as die res van die wêreld.

Jou uitdaging: Maak TYD in jou dag om in die teenwoordigheid van God te kom sodat jy alles wat jy het, kan oorgee in sy hande.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top