Dis oukei dat ek nie kinders kan hê nie

Dis oukei dat ek nie kinders kan hê nie

AMANDA SWANEPOEL ken die seer van kinderloosheid. Tog maak die wete dat God van jou hartseer wéét en dat Sý wil sal geskied, dit makliker om te verdra. 

Die Here wéét van jou hartseer en pyn 

Hulle het Moedersdagkaartjies en angeliere in die kerk uitgedeel. Amanda Swanepoel het haar blom aan ’n ma naby haar weggegee. Toe weergalm die aankondiging dat alle ma’s moet opstaan. Die man langs haar vra toe kliphard: “Maar is jy dan nie ’n ma nie?”

Amanda onthou die vernedering so goed soos ...

AMANDA SWANEPOEL ken die seer van kinderloosheid. Tog maak die wete dat God van jou hartseer wéét en dat Sý wil sal geskied, dit makliker om te verdra. 

Die Here wéét van jou hartseer en pyn 

Hulle het Moedersdagkaartjies en angeliere in die kerk uitgedeel. Amanda Swanepoel het haar blom aan ’n ma naby haar weggegee. Toe weergalm die aankondiging dat alle ma’s moet opstaan. Die man langs haar vra toe kliphard: “Maar is jy dan nie ’n ma nie?”

Amanda onthou die vernedering so goed soos gister. Al voel sy nie negatief oor haar kerk se metode van Moedersdagviering nie, het sy tog daaruit geleer dat mense so maklik in hulle eie vreugde, ’n ander se seer miskyk.

“Ek is oukei dat ek nie kinders kan hê nie, maar het in ’n stadium opstandig vir God gevra of Hy dan nie dink ek sal ’n goeie ma wees nie, want ek dink ek sal.”

Sy het lank geworstel met die vraag of die Here regtig bewus was van haar hartseer. Uiteindelik het sy dit ’n saak van gebed gemaak, en besluit om haar situasie in Sý hande oor te gee en vir bevestiging te wag.

Twee weke later het sy ’n onbekende vrou gebel oor ’n sakeafspraak die volgende dag. Toe hulle ontmoet, het die vrou vertel hoe sy die vorige aand vir hulle vergadering gebid het. Die oomblik toe sy Amanda se naam in haar gebed genoem het, kon sy nie help om verskriklik te begin huil nie – iets wat sy glad nie kon begryp of kon verklaar nie.

Vir Amanda was dít God se antwoord. Hy hét haar gehoor. “Ek het besef as die Here daardie intense emosie aan iemand na aan my, soos my man, gegee het, ek dit sou afmaak as deel van sy gevoelens vir my. Hy het egter ’n onbekende persoon gebruik om vir my te wys: Hy wéét van my pyn.”

Ma-wees alleen bepaal nie jou identiteit nie 

Amanda het besluit om vrede in haar hart te maak, en te glo dat dit vir die oomblik die Here se wil is. “In vergelyking met die ander wonderwerke wat Hy in my lewe doen, sal dié een maar klein wees. Dit maak dit vir my makliker om aan hierdie keuse vas te hou, omdat ek weet God is in beheer.”  

Dan voeg sy by: “Ek kies om dit te glo, want as jy heeltyd moedeloos is oor wat jy nié gekry het nie, vergeet jy later van dit wat jy reeds het. Ek het so ’n bederfhuwelik. Om te dink dat ma-wees alleen my identiteit bepaal, sal dom wees.” 
 
Die seer van kinderloosheid: jóú keuse 

  • Maak jouself los van jou hartseer deur te besef dat God wéét en verstaan waardeur jy gaan. 
  • Los jou pyn elke dag opnuut by Sy voete en glo dat Hy werklik in beheer is van jou lewe. Of jy kies om dit te glo of nie, verander niks aan die geldigheid daarvan nie. 
  • Ons verstaan nie altyd waarom God sekere dinge nie vir ons gee nie, maar ons kan met sekerheid wéét dat Hy die regte dinge, op die regte tyd vir ons bestem het. 
  • Dalk is kinders (op hierdie oomblik?) nie deel van Sy prentjie vir jou lewe nie. Vra Hom vir aanvaarding en sien uit na die ander, wonderlike dinge wat Hy wel vir jou beplan – of reeds vir jou gegee het! 

As jy jou eie biologiese kinders het, wees uiters sensitief vir ander se kinderloosheid. Ondeurdagte opmerkings hieroor maak seerder as wat baie van ons besef. 

Deel die artikel

Méér artikels

As jong meisie het sangeres en TV–aanbieder ROUCHELLE LIEDEMANN se swak selfbeeld haar lank gekeer om haar drome uit te leef. Vandag leef sy in ...

SOEKIE KROG van Radikids-faam het al haar kwota swak besluite geneem, maar dit het haar die vermoë gegee om vandag beter keuses te kan maak. ...

Scroll to Top