Dit is meer as ’n lening – dis ’n toekoms

Dit is meer as ’n lening – dis  ’n toekoms  

Toegang tot tersiêre studie bied jongmense die geleentheid om hul drome te verwesenlik, armoede te ontsnap en ’n betekenisvolle bydrae tot die samelewing te lewer. Finansiële ondersteuning speel ’n sleutelrol in hierdie proses. 

Studiegeleenthede skep toekomsdrome deur gemeenskapsondersteuning en finansiële hulp 

Dit is inderdaad ’n voorreg om te kan studeer. Dit sal vir baie jongmense nie beskore wees nie. Hulle sal nooit daardie liefdevolle pediater kan word of ’n hardwerkende ambagsman of die kreatiewe juffrou wat lief is vir haar graad 1-klas nie. Vir baie van hierdie jongmense met harte ...

Toegang tot tersiêre studie bied jongmense die geleentheid om hul drome te verwesenlik, armoede te ontsnap en ’n betekenisvolle bydrae tot die samelewing te lewer. Finansiële ondersteuning speel ’n sleutelrol in hierdie proses. 

Studiegeleenthede skep toekomsdrome deur gemeenskapsondersteuning en finansiële hulp 

Dit is inderdaad ’n voorreg om te kan studeer. Dit sal vir baie jongmense nie beskore wees nie. Hulle sal nooit daardie liefdevolle pediater kan word of ’n hardwerkende ambagsman of die kreatiewe juffrou wat lief is vir haar graad 1-klas nie. Vir baie van hierdie jongmense met harte vol drome is daar net nie genoegsame fondse in hulle gesin nie. Redes is legio, bv. enkelouers, weeskinders, dié wat hul ouers skielik verloor het of wie se ouers onder enorme finansiële druk verkeer weens ’n aflegging.  

Dit is wanneer ’n mens net weer opnuut besef dat die rentevrye studielenings wat die StudieTrust van Solidariteit Helpende Hand toeken aan verdienstelike studente is meer as net ’n lening, dit is ’n toekoms. Hierdie toekoms is slegs moontlik wanneer ’n gemeenskap saam staan en sê ons wil hierdie bekwame jongmense help sodat hulle Suid-Afrika ’n beter plek kan maak, en die volgende dokter, juffrou, ingenieur en ook ’n maatskaplike werker kan word.  

Studiebeurse bring hoop, breek armoede en bou ’n toekoms 

René Roux, bestuurshoof: media by Solidariteit Helpende Hand, studeer by Akademia en kan getuig dat dit werklik vir haar ’n groot voorreg is om verder te kan studeer om meer te kan beteken in haar pos. “Om op kampus tussen dinamiese studente rond te loop maak my trots om ’n Fontie te wees. Dit maak my opgewonde oor die toekoms wat vir my voorlê en ek raak stil wanneer ek dit vir elke mens toewens.” 

Die Studietrust kon die afgelope 17 jaar deur die krag van die gemeenskap reeds 7 000 studente met R450 miljoen help. Die nood is groot. “Ons deel graag die suksesstories, maar ook die verhale van studente wat werklik ’n verskil kon maak.” Meer befondsing is nodig dat ander studente ook die siklus van armoede waarin hulle tans verkeer, kan verbreek. “My dankie sal altyd hardop gesê word, maar my gedagtes huiwer by dié wat ons moes wegwys.” 

Daarom het Solidariteit Helpende Hand ’n volhoubare plan beraam sodat ’n afgestudeerde student ’n voornemende student kan help.  

Studietrust bewaarheid drome deur geloof, gemeenskapsamewerking en dankbaarheid 

Hannes Noeth, Solidariteit se uitvoerende hoof, sê altyd “die Studietrust bewaarheid drome, help studente om bepaalde doelwitte te bereik sodat hulle hul roeping kan uitleef. Ons droom dat elkeen wat wil studeer, moet kan studeer. 

“Ons sê opreg dankie aan elke donateur, vennoot en spanlid. Ons sukses is ’n bewys van ons gesamentlike toewyding om ’n helder toekoms vir ons jongmense moontlik te maak. 

“Ons is, soos elke jaar, tasbaar bewus van die Here se genade en guns op ons werk. Sonder die genade van God sal die werk van die Helpende Hand Studietrust geensins moontlik wees nie. Ons weet dat elkeen wat geroep is om nou hier te wees om die werk van die Here te doen met opregte dankbaarheid en in verwondering voortgaan om te help bou. Ons bou in geloof verder.” 

Jy kan ’n reuse-verskil maak.
Help om drome te bewaarheid: Ondersteun studente om hul roeping te bereik, armoede te breek en Suid-Afrika se toekoms sterker te bou.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Klein gebare het die vermoë om groot verskille te maak. ’n Eenvoudige aankoop, ’n geskenkte item of ’n daad van hoop kan drome bewaarheid, lewens ...

Geïnspireer deur roeping en gewortel in geloof, leer versorgers by die Helpende Hand se Opleidingsinstituut nie net vaardighede nie, maar hoe om ware verskilmakers in ...

Scroll to Top