Doen jý dinge anders vir julle geluk

Doen jý dinge anders vir julle geluk

Jy weet teen dié tyd dat jou man dinge op sy eie manier doen. Tog kan jý dinge anders doen om julle verhouding in ‘n nuwe rigting stuur.

Aanvaar dat jy nie met ’n volmaakte man getroud is nie en dat jy net jouself kan beheer. En jy het ’n groot stap geneem. Jy sal uitvind dat jy jou lewe kan verander en daarmee saam julle verhouding.

Sien die onbenullige dingetjies maar oor. “Hy smyt sy klere reg langs die wasgoedmandjie neer!” “Kan hy nie net sy voete afvee as hy inkom ...

Jy weet teen dié tyd dat jou man dinge op sy eie manier doen. Tog kan jý dinge anders doen om julle verhouding in ‘n nuwe rigting stuur.

Aanvaar dat jy nie met ’n volmaakte man getroud is nie en dat jy net jouself kan beheer. En jy het ’n groot stap geneem. Jy sal uitvind dat jy jou lewe kan verander en daarmee saam julle verhouding.

Sien die onbenullige dingetjies maar oor. “Hy smyt sy klere reg langs die wasgoedmandjie neer!” “Kan hy nie net sy voete afvee as hy inkom nie?” Die “klein dingetjies” kan jou tot raserny dryf.

Dit kan ons verhoudings baie negatief beïnvloed as ons toelaat dat dit groei en in ’n monster ontaard, en later “groot dinge” raak wat jy persoonlik opneem. Jou man werk dalk op jou senuwees. Maar jy ook op syne! Ons almal het maar irriterende gewoontetjies. Jy moet net leer om die onbenullighede van die belangriker dinge te skei.

Jy sal baie geduldiger met jou man wees as jy besef dat die dinge wat jy as “oortredings” sien, eintlik maar onbenullig is. ’n Verandering in jou eie houding en perspektief sien die “oortreding” oor.

Probeer om die klein irritasies te herken. Werk nou ’n plan uit hoe om dit oor te sien sonder dat jou man sien dit irriteer jou. Vra jou af: “Hoe belangrik is dit nou regtig? Gaan dit oor ’n week, ’n maand, ’n jaar nog saak maak?”

Aanvaar dat jy nie almal kan beheer nie.Jy is dalk die stem wat vir jou man sê wat hy moet doen om julle huwelik te red of om die kinders te help. En jy preek, smeek, kerm en huil, straf en dreig. Totdat jy aanvaar dat jy hom nie gaan verander nie.

Bring verandering in jou verhouding deur te vergewe

Ons het almal die gawe van keuse gekry. Die uiteindelike verantwoordelikheid vir jou lewe is joune. Niemand is aangestel om jou las te dra nie. Of jou talente te gebruik nie. Net jy.

Moenie jou eie tekortkominge, talente of drome ignoreer terwyl jy op jou man s’n fokus nie. As jy kan erken dat jy nie mag oor jou man het nie, kry jy die energie om jouself te verander.

Hou op om so hard te probeer om hom in ’n sekere rigting te stuur. Spits jou eerder daarop toe om jou eie lewe so goed te leef as wat jy kan.

Vergewe en los tog die onnodige verwyte

Jou man het eenkeer ’n aanmerking gemaak, en jy onthou dit. Nou verwyt hy weer op sy beurt: “Jy kan ook nooit negatiewe dinge uit die verlede vergeet nie!”

Verwyte kan jare saam met ’n verhouding loop. En hoe langer die pad, hoe suurder word dit.

Die enigste medisyne vir wrokkigheid is vergifnis. Vergifnis gaan daaroor om enige skuld wat bestaan, te kanselleer. Dit beteken nie dat die ander persoon met sy optrede kan voortgaan nie of dat jy nie jouself moet beskerm nie.

Jy kan steeds sê hoe jy voel en eerlik wees oor wat jy van sy optrede dink, maar moenie hom aanhou behandel asof hy jou iets skuld nie. Vergifnis is ’n geskenk sonder enige agendas.

Probeer om te vergewe. Los die ou koeie in die sloot. Vergeet dit wat hy gedoen het en moenie steeds daaroor loop en tob nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Paartjies wat trou, glo dat hulle nugter is oor wat voorlê. Tog is dit dikwels dieselfde mense wat later skei. ’n Strategiese plan is die ...

Haat jy dit as jou man alleen sy eie ding wil doen? Of pla sy besitlikheid jou? Dalk lê die oplossing in sy ouerhuis. Jou ...

Scroll to Top