Dra mekaar se laste, lééf liefde
- #StilwordSondag
- Esti
Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy himself. (Galasiërs 6:2-3)
Soos skepe in die nag beweeg ons by mekaar verby: steurloos, geruisloos, omgeeloos. Elkeen voortvarend gefokus op ’n volgende missie, onbewus van mekaar se hart, behoeftes en nood … terwyl ons mekaar so bitter nodig het. So verlang vele na aandag, opregte belangstelling, ’n hart wat omgee, kameraadskap.
En so mis ons eintlik die rede vir ons bestaan: om liefde te leef.
Kom ons maak ’n punt daarvan om meer gereeld anker te gooi by ons medereisigers, om in hul oë te kyk, hul hart te hoor en iets van hul lewe te verstaan. Want dit is in die werklike luister na mekaar dat ons begrip en deernis ontwikkel. Dis in die deel van ons hartsreis dat ons self lewenslesse leer en in die dra van mekaar se laste dat ons agterkom: Ons bondeltjie is toe nie so swaar nie …
In die gee van onsself vind ons weer sin in die lewe, juis omdat ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Baie van die Jode het verneem dat Jesus daar is en het daarheen gekom, nie net ter wille van Jesus nie maar ook om vir ...
Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt ...