Ek help vroue met meer selfvertroue

Ek help vroue met meer selfvertroue

PALESA MATJEKANE is aangewys as een van die land se mooiste vroue. Sy is passievol daaroor om ander te bemagtig en hulle selfvertroue ’n hupstoot te gee. 

Kyk na die vrouens in jou lewe vir inspirasie 

Johannesburg is ons huis en is baie gerieflik. Ons het spesifiek in Bryanston gebou om naby aan die kinders se skool en die werk te wees.

Ek het in Sebokeng in die Vaaldriehoek grootgeword, waar ek die liefde van my lewe ontmoet het. Ons is toe getroud en het twee pragtige ...

PALESA MATJEKANE is aangewys as een van die land se mooiste vroue. Sy is passievol daaroor om ander te bemagtig en hulle selfvertroue ’n hupstoot te gee. 

Kyk na die vrouens in jou lewe vir inspirasie 

Johannesburg is ons huis en is baie gerieflik. Ons het spesifiek in Bryanston gebou om naby aan die kinders se skool en die werk te wees.

Ek het in Sebokeng in die Vaaldriehoek grootgeword, waar ek die liefde van my lewe ontmoet het. Ons is toe getroud en het twee pragtige kinders saam.

Om Mev. Suid-Afrika 2023 te wen, het my lewe verander. Ek wil hê dat my kinders en gemeenskap na hierdie dapper reis moet kyk en sien wat die lewe my geleer het.

Die lewe gaan nie oor die oorwinnings wat jy behaal nie, maar oor elke keer wat jy bereid is om op te staan en weer te probeer.

Ek is lief vir my ma, sy is my rolmodel. Niemand anders wat ek ken se omgee is so opreg en onvoorwaardelik nie. By haar het ek geleer om goedhartig en vriendelik te wees met ander mense, sonder dat hulle my sien as ’n swakkeling.

Haar lewe inspireer my om my drome na te jaag en genoeg selfvertroue te hê om suksesvol te wees in alles wat ek aanpak.

Net soos Oprah Winfrey, glo sy dat niks onmoontlik is nie en ek is dankbaar vir die mooi voorbeeld wat sy nog altyd vir my stel.

Maak ’n positiewe impak deur ander te bemagtig 

My lewe draai om geloof, familie en betekenisvolle vriendskappe. Vir my is elke dag op aarde ’n voorreg. Ek is dankbaar vir God se genade en al die seën wat ek so onverdiend van Hom af ontvang.  

Om goeie familiewaardes te kweek, is vir my belangrik; daarom hou ons daarvan om as ’n gesin nuwe avonture aan te pak.  

Gereelde kontak met my vriende is iets waaraan ek absoluut glo. Daarom hou ek gereeld gesellige etes by my huis met lekker kos en goeie musiek.  

’n Trotse nalatenskap word gebou met my besigheid. Maison Lisa Denim is geïnspireer deur drie geslagte van talentvolle vroue met groot drome.  

My ouma wou graag ’n modeontwerper wees, maar moes haar droom opgee toe sy swanger geraak het met my ma. Ek vier graag hierdie sterk vrou wat haar kinders se geluk en welstand bo haar eie gekies het.  

Dit is my werk om vroue se selfvertroue ’n hupstoot te gee en te bemagtig deur hulle te help om goed te voel oor hulleself. Ons maak stylvolle klere, wat die voller Afrika-figuur komplementeer en elkeen wat dit dra op hulle beste te laat lyk.  

Elke generasie kan ’n verskil in die wêreld maak. Ek glo dat ek deel is van ’n ouderdomsgroep wat bestem is om groot dinge te bereik, net soos wat Nelson Mandela gesê het.  

Daarom omring ek myself met mense wat soos ek dink en dieselfde doelwitte as ek nastreef, want saam kan ons soveel vermag.  

As jy hou van wat jy doen, word dit jou passie en kan jy waarlik gelukkig wees en ’n positiewe impak op jou omgewing hê. 

Deel die artikel

Méér artikels

Aanbieder en aktrise LINDIE STRYDOM het geleer om die wonder van die klein oomblikke te omhels en vreugde te vind in die lewe se kleinste ...

CHANTEL STRUWIG werk hard om die beste weergawe van haarself te wees en sodoende lewens te verander. Sy gebruik sosiale media om vroue te motiveer. ...

Scroll to Top