Ek is ek, en ek is uniek!

Ek is ek, en ek is uniek!

Dit was die dag waarop Noag en sy seuns, Sem, Gam en Jafet, en sy vrou en sy drie skoondogters almal saam in die ark ingegaan het.

(Genesis 7:13)

Ek luister na die gesprekke rondom my. Die manier hoe getroudes aan ander voorgestel word, klink vir my so effens. “Dit is Herman se vrou.” Of: “Dit is Karin se man.”

Aan die een kant is dit wonderlik: Ek is nie iemand deur iemand anders met ’n naam en ’n van nie. Aan die ander kant laat dit my tog ...

Dit was die dag waarop Noag en sy seuns, Sem, Gam en Jafet, en sy vrou en sy drie skoondogters almal saam in die ark ingegaan het.

(Genesis 7:13)

Ek luister na die gesprekke rondom my. Die manier hoe getroudes aan ander voorgestel word, klink vir my so effens. “Dit is Herman se vrou.” Of: “Dit is Karin se man.”

Aan die een kant is dit wonderlik: Ek is nie iemand deur iemand anders met ’n naam en ’n van nie. Aan die ander kant laat dit my tog dink oor die kwessie van “om te behoort aan”.

Meer as honderd vroue in die Bybel word so via-via aangespreek. Ons weet glad nie wat hul name is nie. Lot se vrou is maar net Lot se vrou. Job se vrou het ’n naamlose stryd gevoer. Noag het die ark gebou, maar sy naamlose vrou moes ook ’n reusetaak in die ark verrig.

Wie is ek? Moet ek aan iemand behoort om “ek” te wees? Nee! Ek is ek en ek is uniek!
God kom en deurbreek alle tradisies en gee aan vroue ’n spesiale plek. Vroue word in Jesus se geslagsregister op hul naam genoem.

En dit laat my ontdek: Ek het ’n eie naam en ’n spesifieke plek hier. My identiteit lê in Christus. Ek is nie toevallig hier nie. Ek is ek in Christus. Ek is uniek! Ek gaan iets spesiaals doen!

Onthou, jy het ’n Godgegewe taak in die lewe. Maak jou oë oop en kyk watter spesiale koninkrykswerk jy in jou spesiale omstandighede kan doen. Pak dít in jou lewensmandjie en stap die koninkryk daarmee in!

“There is no such thing as can’t, only won’t … all it takes is a burning desire … to make a change … When we do the impossible we realize we are special people” – Jan Ashford.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top