Dogtertjie-ma? Nooit! Toe word dit ’n avontuur

Ek leef my passies ten volle uit

Binnekort is REANDI GREY te sien as die nuwe aanbieder van Boer soek ’n vrou. Haar geloof, kreatiwiteit en liefde vir die lewe skyn deur in alles wat sy doen. 

Waarom is dit vir jou so spesiaal om die nuwe aanbieder van Boer soek ’n vrou te wees en waarna sien jy die meeste uit?  

Ek het basies op ’n plaas grootgeword. Ek was elke oomblik op my oupa se plaas as ek kon. Ek het verlief geraak op die idee van ’n boer.  

Boere is helde ...

Binnekort is REANDI GREY te sien as die nuwe aanbieder van Boer soek ’n vrou. Haar geloof, kreatiwiteit en liefde vir die lewe skyn deur in alles wat sy doen. 

Waarom is dit vir jou so spesiaal om die nuwe aanbieder van Boer soek ’n vrou te wees en waarna sien jy die meeste uit?  

Ek het basies op ’n plaas grootgeword. Ek was elke oomblik op my oupa se plaas as ek kon. Ek het verlief geraak op die idee van ’n boer.  

Boere is helde vir ons land. Sonder hulle kan ons nie eet of oorleef nie. 

My oupa was wonderlik. Van kleins af het ek waardering vir boere gehad. Hulle werk hard en speel ’n belangrike rol in die samelewing. 

Nou is ek deel van die proses waar mense liefde en waardering vir ons land se helde vind. Dit laat my sonder woorde. Dit is vir my baie spesiaal. 

Jy volg nou in die voetspore van ses uitmuntende aanbieders voor jou. Hoe beplan jy om jou eie stempel af te druk? 

Ek dink nie daar is ’n regte of verkeerde manier om dit aan te bied nie. As jou hart daarin is en jy is so outentiek as moontlik, dan maak dit saak.

Luister mooi na wat die boere en die meisies sê. Vra die regte vrae.

Vra wat die land vir hulle sou wou vra. Dan dink ek, sal ek slaag.

As jy dit met jou hart doen, nie vir ’n show of iets anders nie, dan kan jy sukses behaal.

As jou hart en siel daarin is om boere liefde te help vind, sal jy jou eie persoonlike stempel afdruk.

Jy gaan lang tye van die huis af weg wees … Hoe gaan jy hierdie fase van jou lewe bestuur om seker te maak jou gesin oorleef dit – fisiek en emosioneel?  

Ek wil seker maak my mense oorleef fisiek en emosioneel as ek nie daar is nie.

Ek wil hê hulle moet verstaan hoe groot en vreugdevol hierdie geleentheid is. Ek wil hê hulle moet elke dag in my vreugde deel.

Dit gaan nie oor my afwesigheid by die huis nie. Dit gaan oor: Mamma beleef cool dinge. Mamma help mense om liefde te vind. Mamma werk op plase en speel met perde en lammers. Ek wil seker maak hulle geniet dit saam met my, sonder enige vrees of bekommernis.

Ek het ’n wonderlike man wat goed met die kinders is. My kinders het ’n fantastiese ouma en oupa naby, en ek het vriendinne wat sal help indien nodig.

In die lewe kan mens niks aanpak sonder ’n goeie ondersteuningsnetwerk nie. Ek is geseën met sulke mense, en hulle gee my die vrymoedigheid om te weet dat alles oukei sal wees as ek weg is.

Watter belangrike lewensles het jy by elkeen van jou dogters, Heidi en Lente (afsonderlik), geleer?  

Heidi het vir my baie lewenslesse geleer. Sy is die beste mens in my lewe. Haar hart is ongelooflik goed. Sy gee baie om vir ander en wil net liefde hê.

Heidi is soos ’n klein harmonie. Sy wil hê mense moet drukkies gee en nie baklei nie. Alles moet Jesus gevul wees. Haar deernis vir mense en hul geluk en gesondheid is pragtig.

As iets fout is, sê sy: “Kom ek bid vir jou.” Sy vryf my gesig, sing en bid vir my. Dit is wonderlik om te weet sy gaan altyd na Jesus toe as iets fout is.

Lente leer my om nie om te gee wat ander dink nie. Sy leer my om te doen wat ek wil, net omdat ek dit wil doen. Sy leef die lewe op 110%. Alles is volstoom, goed en sleg.

Sy sal nog leer om slegte dinge en tantrums te hanteer. Sy het daardie houding van “ek vat hierdie dag aan en niemand gaan my onderkry nie”. Ek hou baie van hierdie twee eienskappe van my dogtertjies. Hulle leer my baie.

Julle familie het deur ’n beproewing gegaan, maar daarmee saam het daar ook ’n wonderwerk gebeur. 

 So ’n paar jaar terug was my pa en my sussie se seuntjie, wat in daardie stadium vyf was, in ’n baie ernstige motorongeluk.  

My pa het sy sternum en ribbes gebreek en my sussie se seuntjie was vir twee weke in ’n koma. 

Dis ’n baie lang storie, maar hulle het basies vir my sussie-hulle gesê dat as Lukas wakker word, hy blind gaan wees, hy sal moontlik nie kan loop nie en hy gaan breinskade hê.  

My sussie het net besluit “but God”. Daar is nie ’n manier nie, het sy gesê. Sy gaan dit nie aanvaar nie, there is a doctor that diagnoses and there is God that diagnoses

Toe Lukas wakker word, toe kon hy nie sien nie en my sussie het net gesê “but God”. Toe hoor sy duidelik dat die Here vir haar sê: Lukas se naam is “Bringer of light”, en die enigste manier hoe jy lig kan ervaar, is as jy dit sien. So, ek sê nou vir jou, Lukas gaan nie blind wees nie.  

Vandag, vier jaar later, is Lukas ’n absolute normale kind, hy’s die mooiste kind met die mooiste hart.  

Die enigste ding wat hy oorgehou het van die ongeluk is die letsel op sy gesig. Dit is net ’n wonderwerk waarvoor ons elke liewe dag dankie sê. 

Jou geloof is duidelik ’n groot deel van jou lewe. Beïnvloed dit die rolle wat jy kies? 

My geloof is die belangrikste in my lewe. Voordat ek besluite maak, bespreek ek dit eers met Jesus.

Ek wil seker wees ons is op dieselfde bladsy. As ek bid, vra ek die Here om my onrustig te maak as dit nie die regte besluit is nie. Hy moet my rustig maak as dit van Hom af kom.

Hierdie benadering werk uitstekend. Elke keer kan ek voel of iets van Hom af kom of nie.

Ek moes al gereeld rolle of advertensies weier. Dit stem nie altyd saam met my geloof nie. Dit was moeilike keuses, maar ek het onmiddellik vrede gevoel toe ek dit gedoen het.

Dit is wonderlik hoe nuwe geleenthede gekom het omdat ek nee gesê het.

Daar is ’n spesifieke vervaardiger met wie ek nou ’n goeie verhouding het. Hy respekteer dat ek nee gesê het vir sy fliek. As jy nee sê om die regte redes, maak die Here die regte deure oop en verkeerdes toe.

Hoe hanteer jy oomblikke van twyfel, uitdagings of wanneer jy uitgeput voel weens besige skedules?

Dit is belangrik om te besef dat daar ’n verskil is tussen belangrike dinge en prioriteite. As jy alles dieselfde behandel, sal jy nie by alles uitkom nie.

Aanvaar dat party dinge uitgestel moet word en jy nie vandag daarby gaan uitkom nie. Dit is moeilik vir my.

My man sê dat dis oukei as dinge nie uitwerk soos beplan nie. Ek wil hê dit moet gebeur soos beplan.

Die geheim is om aanpasbaar te wees. As iets onverwags opkom en dit is ’n prioriteit, moet jy dit bo belangrike dinge stel.

Ek geniet dit om in die aand ná werk kreatief te wees, soos om met lappe te speel. Maar my prioriteit is tyd saam met my man en kinders. As ek nie nou tyd met hulle spandeer nie, het dit ’n groter impak.

As jou hart, kop en gees op die regte plek is, sal jy weet watter dinge die belangrikste is om op te fokus.

Deel die artikel

Méér artikels

MINKI VAN DER WESTHUIZEN se positiewe ingesteldheid is vasgemessel deur ’n paar lesse wat sy vandag met oortuiging leef. Wees positief en sien die goeie ...

Sangeres en TV-aanbieder LEAH is positief, energiek, gewild, talentvol en het altyd ’n breë glimlag. Hoe bly sy positief, gelukkig en koester haar uniekheid? Wat ...

Scroll to Top