Geloof is om in Jesus se voetspore te loop

Geloof is om in Jesus se voetspore te loop 

Hoe kry jy dit reg om aan te hou glo wanneer dit voel of alles uitmekaar val? Leer waarhede wat jou geloof sterk maak. 

Hoe jy geloofswaarhede uitleef, is jou nalatenskap 

Elke mens is in alles wat jy doen, vervangbaar. Maar in een ruimte is jy onvervangbaar: in jou gesin. Hier kan niemand doen wat jy doen nie. Hoe jy geloofswaarhede uitleef, is die nalatenskap wat jy vir jou mense los.

Tyd is so ’n kosbare kommoditeit dat die idee van “die tyd omkry” ’n mens skoon ...

Hoe kry jy dit reg om aan te hou glo wanneer dit voel of alles uitmekaar val? Leer waarhede wat jou geloof sterk maak. 

Hoe jy geloofswaarhede uitleef, is jou nalatenskap 

Elke mens is in alles wat jy doen, vervangbaar. Maar in een ruimte is jy onvervangbaar: in jou gesin. Hier kan niemand doen wat jy doen nie. Hoe jy geloofswaarhede uitleef, is die nalatenskap wat jy vir jou mense los.

Tyd is so ’n kosbare kommoditeit dat die idee van “die tyd omkry” ’n mens skoon bangmaak. Om tyd maksimaal te benut, maak baie meer sin. Maar as jy deurlopend bang is jy mis iets, steel dit die vreugde van die oomblik en laat ’n mens onrustig en sonder vrede voel.

’n Goeie werk-lewe-balans gaan nie oor tydsbestuur nie, maar oor hoe om jou energie te bestuur. Met gelowige man-/vrou- en pa-/ma-wees, gaan balans daaroor om tyd en energie reg te bestuur.

’n Mens kan nie kwaliteit sonder kwantiteit hê nie, en die omgekeerde is ook waar. Dit maak nie saak hoeveel tyd daar saam met die gesin spandeer word nie, as ek nie met passie en energie betrokke (engaged) is in die oomblik nie, help dit maar min.

Begin elke nuwe jaar met die gedagte: “Wie wil ek wees?” En werk dan ’n praktiese plan uit om dit uit te voer. Leef julle waardes uit, byvoorbeeld liefde, respek, geloof en hoop. Maar ook om pret te hê, te lag en saam simpel te wees …

Niemand kan die perfekte gelowige, huweliksmaat, ouer, werknemer, vriend, ensovoorts wees nie. Jy kan wel kies om elke dag te probeer om beter te wees. Wat God van jou dink (nie wat jy van jouself dink nie), is wat saak maak.

Behou jou integriteit en doen die regte ding 

Daar is al baie boeke oor etiek en moraliteit geskryf. Dit word ook in gedragskodes ingeskryf in ’n poging om die regte gedrag by mense te kweek. Maar dit is eintlik baie eenvoudig – doen die regte ding!

Dit is die mate van gesonde morele waardes wat ’n gelowige demonstreer wanneer hy of sy met mense omgaan. Betroubaarheid is ’n onlosmaaklike deel van integriteit en jy moet weet dat jy gereeld getoets gaan word rondom die twee eienskappe.

Dit is nie iets soos ’n eksamen wat ’n mens eenkeer slaag en nou kan jy rustig aangaan nie. Die lewe bring ’n keurspel van geleenthede om jou beginsels te verloor. Daarom is mense wat ’n reputasie van moraliteit het, mense wat altyd hulle waardes reg uitleef.

Dit raak deel van jou DNS. Dit is die fondasie vir vertroue, wat weer die fondasie vir alle goeie verhoudings is. Die lewe bestaan eintlik uit die somtotaal hiervan. Terwyl slegtes jou kan breek, kan goeies jou as man vorm.

Natuurlik is niemand se karakter in enige stadium perfek nie. Beginsels word omtrent elke dag getoets.

As kind van God is jy verantwoordelik teenoor die Here en jouself om die regte ding te doen. Jy kan nooit die soort persoon wees nie wat sê: “Almal vertel leuens, verkul en koop om.” Selfs al hou niemand in die hele wêreld hulle woord nie, is jy steeds geroep om dit te doen.

Dit is die regte ding. En God se Woord vereis dit. “Laat julle ’ja’ eenvoudig ’ja’ wees en julle ’nee’, ’nee’. Wat meer gesê word as dit, kom van die Bose” (Matteus 5:37).

In Spreuke 10:9 is dit aangeteken: “Wie opreg leef, leef sonder vrees; wie krom paaie loop, word uitgevind.” Moenie in vrees lewe nie! Staan met vertroue sterk in ’n wêreld wat jou om elke hoek en draai wil bedrieg.

Een van die grootste geskenke wat gesinslede en gemeenskappe van gelowiges vir mekaar kan gee, is om mense van integriteit te wees. Deur mekaar hierin tot voorbeeld te wees, en mekaar aan te moedig om moraliteit die fondasie van ons wese te maak.

Jy is ’n geliefde kind van God 

As jy verkeerd glo oor jouself, gaan jy sukkel. Mense om ons plaas baie etikette op ons. Is jy saggeaard, word jy geboelie … Is jy sterk, word jy aangevat oor “moeilik” wees … Jou uiteindelike onvermoë om in jouself en jou waarde te glo, kan jou op ’n verkeerde paadjie laat beland.

Die woorde wat jy moet inneem, is: Jy is gemaak om God lief te hê en deur Hom liefgehê te word. Dit is die beste nuus wat jy nog kan hoor.

Tydens jou grootwordjare het jy dalk baie mens-weergawes van wat dit beteken om te glo, gehoor. Wat moontlik jou prentjie van Sy ware hart van jou gesteel en verwronge gelaat het.

Dalk dink jy dat Hy soms kwaad is vir jou oor jou foute … Wonder jy of Hy ooit van jou weet … Gee Hy om oor alles wat skeefloop en seermaak?

Die waarheid is: Die Here sien jou as ’n geliefde. Jou lewe maak vir Hom saak en Hy is nooit ver van jou af nie. Hierdie ware identiteit maak jou sterk. Jou daaglikse paadjie is maklik en vol oorwinning, omdat jy ’n Bron van krag en sterkte het.

Raak verlief op Sy hart vir jou en geniet die stap saam met Hom. Lees 1 Johannes 4:16-18 oor en oor tot jy die woorde ken en van harte glo: … “God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom … Waar liefde is, is daar geen vrees nie …”

Hoor hierdie woorde in jou binneste wat jou roep om in hierdie waarheid te wandel. Laat dit ’n absolute oortuiging in jou lewe word. As dit swaar gaan in jou kop en jy wonder oor hoekom jy so alleen is, roep uit: “Ek is ’n geliefde van die Here!”

Daar is niks wat jou geloof kan vernietig nie. Nie foute wat jy begaan nie, dom keuses wat jy soms maak of selfs wat ander oor jou sê nie. Sy Woord belowe níks kan ons ooit van Sy liefde skei nie.

Wees dapper in liggaam, siel en gees 

In die boek Josua kan jy lees hoe hierdie leier herhaaldelik die opdrag gekry het: “Wees sterk en vasberade.” Hierdie woorde kom ook na jou toe: “Wees sterk en vasberade op die lewensreis wat jy gekry het.”

Jy het ’n unieke reis wat net vir jou beplan is. Dink jy jy is veronderstel om hierdie pad alleen te stap? En self op die eie ek staat te maak?

Of dink jy juis Hy gaan jou ’n gedagte, ’n droom, ’n visie en ’n missie gee bo jou vuurmaakplek? Sodat jy heeltyd met Hom moet gesels tydens jou reis om die missie ’n sukses te maak.

’n Mens begin jou reis met die hoop op avontuur en sukses. ’n Reis is ’n ontdekking, om iets aan te pak wat onbekend is. Soos jy weet en sekerlik al ervaar het, is daar struikelblokke langs die pad.

Ongelukkig kom die meeste mense nie eens verby die eerste struikelblok nie. Dan gee hulle op, of gebruik ’n verskoning om nie verder deel te neem nie. Sulke tipe keuses maak dat jy in jou gemaksone bly wat nie vir jou werk nie.

Waarvoor sien jy kans? Hoe groter die missie, hoe groter is die kans dat jy ’n teleurstelling tydens die reis gaan ervaar. Hoe lank sal jy vasbyt en deurdruk vir dít wat in jou diepste binneste geplaas is?

Uit vrees vir kritiek of mislukking, kies die meeste om veilig te speel, want dan is die eie ek en my ego veilig. Ongelukkig met so ’n besluit laat jy God geen grasie toe om in te gryp nie, want jy het mos alles onder beheer.

Wat maak jy met teleurstelling en hoeveel van jou verlede se teleurstellings verdoem jou denkproses en gemoed? Laat jy jou dapperheid vaar en lei ’n middelmatige lewe, want jy is bang vir nog ’n teleurstelling?

As jy jou geloofsreis aanpak, moet jy ’n vorm van dapperheid hê. Lees Psalm 23 oor en oor … Staan sterk, maak daardie keuse daagliks en leef jou reis!

Deel die artikel

Méér artikels

Gee God beheer en kyk hoe jou lewe verander! Kenner LYNETTE BEER wil jou aanmoedig om te ontdek hoe vertroue op Hom kan lei na ...

Dis maklik om in swak gewoontes vas te val. Deur meer bewustelik te leef, ontdek jy wat jou motiveer én terughou sodat jy beter keuses ...

Scroll to Top