Glo my, Hy is altyd in beheer

Glo my, Hy is altyd in beheer

“Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

(Lukas 12:7)

Toe dit so sleg gegaan het in my lewe, het ek dikwels onder die treinspoorbrug gaan staan en sodra die trein oorsnel, op die toppunt van my stem gegil oor God wat my verlaat het. Hy was nêrens te sien nie; dit was nag om my. En die skuldgevoelens! Dit het my die meeste kasty. Die feit dat ek God gefaal het.

In daardie sielewroeging kon ek ...

In daardie sielewroeging kon ek dit nie sien nie, maar God was daar. Selfs as ek so onder daardie brug staan en gil het. Ek het net so gefokus op my probleme dat ek Hom nie kon gewaar nie.

Een aand, tydens my gilsessie, praat Hy in ’n hoorbare stem met my: “Gaan lees Korintiërs.” Sjoe, op daardie oomblik ruk dit my tot nugterheid. Ek gaan huis toe en lees.

Die skille val van my oë af en ek sien! Ja, sowaar, Hy is in beheer – ook van my slegte situasie. Hy wil net hê ek moet Hom die geleentheid gee om dit vir my te verander. Hy het dit nie vir my gekies nie, maar is in staat om dit om te draai. Ek was nooit alleen nie.

Meteens is ek nie meer bang nie, want ek weet … daar is ’n hoopvolle toekoms. Hy is in beheer.

Slegte dinge sal steeds soms met my gebeur, maar ek hoef nooit weer so bang te voel nie. Selfs dan is Hy daar en in beheer. Dit voel nie so en lyk nie so nie, maar ek moet dit net WEET. Ek moet situasies hanteer vanuit daardie plek van WEET.

Vandag weet ek vir seker … alles is onder sy beheer. Ek hoef niks te vrees nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top