God het my hulpgeroep gehoor

God het my hulpgeroep gehoor

Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder ... (Psalm 40:2-3)

Het jy al ooit daaraan gedink dat die Koning van die konings na jou toe neergebuig het? Net die blote gedagte daaraan laat my klein voel. Is dit regtig moontlik? Dit klink dan te goed om waar te wees! Wel, die antwoord is ’n definitiewe JA … dis presies wat gebeur het toe die Vader Jesus na die aarde ...

Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder … (Psalm 40:2-3)

Het jy al ooit daaraan gedink dat die Koning van die konings na jou toe neergebuig het? Net die blote gedagte daaraan laat my klein voel. Is dit regtig moontlik? Dit klink dan te goed om waar te wees! Wel, die antwoord is ’n definitiewe JA … dis presies wat gebeur het toe die Vader Jesus na die aarde toe gestuur het.

In Psalm 40 bely die psalmdigter dat God hom uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek het, en sy voete op ’n rots gestel het. Hy het ook ons uitgelig uit die kuil van vernietiging en die modderige slyk van die sonde, die dood en die hel, en ons voete stewig op die Rots Jesus gesit.

Dit is belangrik om te besef dat ons Vader die heel eerste stap geneem het. Hy het Hom na ons toe neergebuig in genade, om die eenvoudige rede dat Hy ’n God van liefde is. Hy, die volmaakte Verlosser-Vader, het bloot sy arms na sy kinders toe uitgesteek, om ons op te tel en terug te bring na veiligheid toe.

In Psalm 40 sluit die digter af met ’n eerlike erkenning van sy ellende en hulpeloosheid. Tog, weet hy, dink die Here aan hom. “U is my hulp en my redder; my God, moet tog nie talm nie,” smeek hy.

As jy vandag ellendig of behoeftig is, die God van die heelal, ons Vader, dink aan jou en Hy het reeds na jou toe neergebuig. Aanvaar net vandag sy uitnodiging van onvoorwaardelike liefde en genade … Kom net soos jy is! Dis al wat jy hoef te doen – dis so maklik soos dit. God sal die res doen.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top