God het ’n droom vir jou

God het ’n droom vir jou

Van toe af het die Here die huis van die Egiptenaar geseën. Dit was oor Josef dat die Here dit gedoen het.

(Genesis 39:5)

Josef se storie het my nog altyd gefassineer. Gebore as ’n geliefde seun, deur sy broers gehaat, verkoop as ’n slaaf, onskuldig in die tronk laat gooi en later tweede in bevel oor Egipte! God het van die begin af ’n plan met Josef se lewe gehad.

As ons deur ’n slegte tyd gaan, is daar altyd iemand wat sê: Jy moet net glo, dan ...

Van toe af het die Here die huis van die Egiptenaar geseën. Dit was oor Josef dat die Here dit gedoen het.

(Genesis 39:5)

Josef se storie het my nog altyd gefassineer. Gebore as ’n geliefde seun, deur sy broers gehaat, verkoop as ’n slaaf, onskuldig in die tronk laat gooi en later tweede in bevel oor Egipte! God het van die begin af ’n plan met Josef se lewe gehad.

As ons deur ’n slegte tyd gaan, is daar altyd iemand wat sê: Jy moet net glo, dan sal al jou probleme opgelos wees. Of: Dit is dalk God wat jou straf, want jy het sonde in jou lewe.

Maar ons leef in ’n gebroke wêreld en kan nie hartseer vryspring net omdat ons kinders van God is nie. Hy belowe wel in Hebreërs 13:5 dat Hy ons nooit alleen sal los of in die steek laat nie. Wat ’n voorreg!

God was heeltyd by Josef – deur die goed en die sleg. Sy liefde vir ons verander nooit. Hy loop elke tree saam met jou. Hy het jou nie minder lief as dit sleg gaan en meer as dit goed gaan nie. Moet nooit toelaat dat die vyand jou vertel God het van jou vergeet in die wintertye van jou lewe nie.

Jy het dalk ook soos Josef ’n droom van God af gekry. Nou lyk dit ver vergete in die tronk van die lewe waar jy sit. Maar daar is selfs ’n groter droom vir jou lewe en dit is dat alles wat met jou gebeur eer aan God sal bring. Hy is saam met jou as jy onregverdig behandel word.

Mag jy elke dag voluit lewe met die wete dat die Skepper van hemel en aarde elke oomblik van elke dag by jou is. Bring alle eer aan Hom.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top