God het ’n heel ander plan!

God het ’n heel ander plan! 

Die Here het vir Samuel gesê: “Hoe lank gaan jy nog oor Saul treur nadat Ek hom as koning oor Israel verwerp het?” (1 Samuel 16:1) 

Soms maak dit nie saak hoe hard ons bid of hoe lank ons in geloof volhard nie, dinge werk net nie vir ons uit soos ons gehoop het nie. Jy bid dalk vir ’n huwelik om te herstel sonder enige oënskynlike sukses. Of jy bid dat jou kinders by God moet uitkom, maar niks gebeur nie. Ons moet egter aanhou bid.

Indien jy mismoedig, vol pyn ...

Indien jy mismoedig, vol pyn of met ’n stukkende hart sit, is daar goeie nuus: God het ’n ander plan. Wanneer een deur toegaan, sal Hy ’n ander deur vir jou oopmaak. Die Bybel sê God sal dit wat die duiwel teen ons gebruik, vir ons omdraai en in iets goeds verander.

Josef se lewe getuig hiervan. Hy het alle rede gehad om bitter te wees teenoor sy broers, selfs haat te dra of te treur oor sy lot. Maar hy kies om God se seën op sy lewe raak te sien, ten spyte van al die terugslae. Hy sê vir sy broers: “Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen.”

God het altyd ’n ander plan – ’n veel beter plan.

Jy kan niks aan die verlede doen nie, maar jy kan vir seker besluit dat jy gaan fokus op dit wat kán wees.

Samuel se hart is gebroke wanneer sy Meester koning Saul verwerp. God vra vir Samuel hoe lank hy nog wil treur. God gee vir hom ’n opdrag om sy horing te vul met olie en ’n nuwe koning te gaan salf. Hy reageer onmiddellik. Indien Samuel nie opgestaan en gegaan het nie, sou Israel ’n wonderlike koning Dawid misgeloop het.

Jou Vader het ook vir jou in jou omstandighede ’n ander plan!

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top