Hoe maak jy jou drome ’n werklikheid?

Hoe maak jy jou drome ’n werklikheid?

Jy moet elke dag bewustelik tyd maak vir jou drome – tyd waarin jy dink oor jou drome en waar jy aksieplanne en doelwitte rondom jou drome kan uitwerk. Só kan jy jou droom ‘n werklikheid maak. Anders gaan jou droom vir altyd ’n droom bly, sê die motiveringspreker RENE DU PREEZ.

Perfekte omstandighede om ’n droom te bewaarheid bestaan nie

Die probleem met drome is dit leef baiekeer net in ons kop en ons het dit nog nooit eens op papier neergeskryf nie.

As jy ’n ...

Jy moet elke dag bewustelik tyd maak vir jou drome – tyd waarin jy dink oor jou drome en waar jy aksieplanne en doelwitte rondom jou drome kan uitwerk. Só kan jy jou droom ‘n werklikheid maak. Anders gaan jou droom vir altyd ’n droom bly, sê die motiveringspreker RENE DU PREEZ.

Perfekte omstandighede om ’n droom te bewaarheid bestaan nie

Die probleem met drome is dit leef baiekeer net in ons kop en ons het dit nog nooit eens op papier neergeskryf nie.

As jy ’n droom het, moet jy ’n doelwit saam met dit stel en daar moet ook ’n tydlyn wees. Daar moet ’n datum daaraan gekoppel word.

Hoe bewaarheid ek my droom? Luister eers na jouself en besluit wat is die doelwit wat jy wil bereik.

Wanneer jy terugdink toe jy op skool was, het jy sekere drome gehad. Jou drome was in daardie stadium dalk: Ek wil gaan studeer. Ek wil in my beroep uitblink. Ek wil trou. Ek wil kinders hê.

Soos ons ouer word, verander ons drome. As jy terugkyk, is daar baie drome wat jy op skool gehad het wat daar nooit eens by uitgekom is nie.

Jou drome het verander soos wat jy verander het en soos wat jy ouer geword het. Nou is daar dalk nuwe drome wat wink.

Werk jy aan jou droom en om ’n doelwit te hê? Baie van ons sê ons wil wag vir die perfekte omstandighede voordat ek aan my droom begin werk.

Wanneer is die perfekte omstandighede?

Daar bestaan nie ’n perfekte oomblik vir ’n droom nie. Daar is dalk die perfekte geleentheid vir jou perfekte droom, maar jou perfekte droom is nie aan ’n doelwit gekoppel nie. Omdat daar ook nie ’n tydlyn bestaan nie, loop jy eenvoudig daardie geleentheid mis.

Soveel mense wag vir ’n nuwe fase in hulle lewe, vir nuwe drome en geleenthede, maar maak hulle droom nie ’n realiteit nie omdat die omstandighede dalk nie perfek is nie.

As jy nie weet wat jou droom is nie en jy het nie ’n doelwit nie, gaan jy dit ook nie kan identifiseer as daardie geleentheid wel verbykom nie.

Jy moet jou droom gaan afbreek in maandelikse en jaarlikse doelwitte. Jy moet dit so klein as moontlik afbreek en ongelooflik spesifiek wees.

Stel haalbare en spesifieke doelwitte vir jou drome

Besin ’n bietjie oor jou drome. Wat is jou passie? Dalk is dit jou passie om te toer. Jou droom is dalk om fiks en gesond te wees.

Hoe breek jy dit dan af? Jy moet besluit: Wat is my droom? Wat is my doelwit? Wat gaan my doelstelling wees? Wat gaan my tydlyn wees? Wat is my aksieplan?

Ek moet doelwitte vir my drome stel en ek moet dit baie spesifiek afbreek. Elke doelwit wat ek het, moet ek in my kop van ’n prentjie kan vorm.

Skep vir jouself ’n visiebord, want dit is waar jou drome vandaan kom. Aan die hand van jou visiebord en drome, kan jy jou doelwitte stel.

Die prentjie op jou visiebord is wat in jou kop gaan vassit en dit is wat jy gaan visualiseer. Kyk gedurig na die bord, of dit ’n fisieke bord of op jou foon is. Hoe meer jy die bord bestudeer, hoe meer gaan dit vorm in jou brein aanneem en hoe groter is die kans dat jy wel by daardie einddoel gaan uitkom.

Beloon jouself vir jou vordering. Elke keer wanneer jy een van jou doelwitte bereik het, beloon jouself. Jy kan jouself selfs beloon as jou doelwitstelling, jou tydlyn en eindlyn opgestel is.

Kry ook iemand wat hierdie pad saam met jou kan stap. Iemand wat vir jou kan sê: “Goed gedoen.” Of iemand wat vir jou kan sê dat dit oukei is as jy gefaal het.

Onthou dat ons almal mense is. Almal maak foute. Almal maak verkeerde besluite op verkeerde tye.

As jou droom ’n doelwit geword het, in ’n aksieplan omgeskep is, sal jy vinnig sien as jy die pad byster raak.

As jy verkeerd getrap het, of die verkeerde besluit geneem het, beteken dit nie jy het misluk nie. Jy het ’n doelwit en ’n plan, beur vorentoe.

Dit is nooit te laat om ’n droom te verwesenlik nie. Jy kán jou droom verwesenlik, maar nie sonder ’n plan nie.

Deel die artikel

Méér artikels

“Selfdissipline is die brug tussen jou visie en die uiteindelike resultaat van jou visie,” sê akteur en mediapersoonlikheid HYKIE BERG. Bly gedissiplineerd en geduldig as ...

“Jou werk as ’n Spreuke 31-vrou is om jou man met jou sterkpunte aan te vul,” sê voorkomskonsultant, skrywer en motiveringspreker ALETTÉ-JOHANNI WINCKLER. God se ...

Scroll to Top