Hy sál vir jou uitkoms gee!

Hy sál vir jou uitkoms gee! 

Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom ... (Jesaja 43:18-19) 

Voel dit dalk vir jou jy is in ’n doodloopstraat en daar is geen toekoms, geen hoop op ’n nuwe werk, beter huwelik of sinvoller verhouding nie? Al plek waar jy nou nog ’n heenkome kan vind, is saam met Job op die ashoop waar jy ongesteurd jou wonde kan krap.

Moenie moedeloos raak nie, ...

Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom … (Jesaja 43:18-19) 

Voel dit dalk vir jou jy is in ’n doodloopstraat en daar is geen toekoms, geen hoop op ’n nuwe werk, beter huwelik of sinvoller verhouding nie? Al plek waar jy nou nog ’n heenkome kan vind, is saam met Job op die ashoop waar jy ongesteurd jou wonde kan krap.

Moenie moedeloos raak nie, die Jode was ook daar. Nadat Jerusalem deur die Babiloniërs ingeval is, is die Jode gevange geneem en hulle moes kilometers ver aflê na Babel, ’n vreemde land. Die tempel wat hulle álles was, is vernietig. Vir Israel was dit die einde. Hulle hele bestaan, hulle ganse identiteit het in puin gelê.

Jesaja bring toe baie jare later vir Israel hierdie goeie nuus: God is magtiger as die gode van Babilon! Die tyd van swaarkry is verby. Maar die profeet sê ook God gaan iets nuuts doen. Die verlossing uit Babel sal ’n veel heerliker verlossingsdaad wees as dié uit Egipte.

En Hy het inderdaad iets nuuts gedoen. Hy bied verlossing vir Israel op die onwaarskynlikste manier. Hy gebruik ’n ander heidenheerser (die Persiese koning, Kores) om die Babiloniërs te verslaan. Kores reik toe die Edik van Kores (538 v.C.) uit wat die Jode uitnooi om terug te gaan na hul land en Jerusalem weer te begin herbou.

Ja, God kan selfs ’n buitestander, ’n heiden, ’n nie-Christen, gebruik om sy wil hier op aarde te laat geskied! Hy kan enigiemand en enigiets as instrument gebruik.

Dalk dink jy die ekonomie of jou siekte of die politici is sterker as jou Pa. Maar Hy gee vir jou krag in hopelose omstandighede, júis en veral wanneer jy in die woestyn is.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top