Hy steek jou vreugdevure aan

Hy steek jou vreugdevure aan 

“Net so is julle ook nou bedroef, maar as Ek julle weer sien, sal julle harte vol blydskap wees, en niemand kan julle blydskap van julle af wegneem nie.” (Johannes 16:22) 

Pascal, die filosoof en wiskundige, se dogter ontdek hierdie papier: Jaar van Genade 1654. Vuur, die God van Abraham, Isak en Jakob se vuur het oor my gekom. Nie die woorde van filosowe en wetenskaplikes nie, maar die woorde van God. My God, waarom het ek U verlaat? Mag ek nie vir ewig van Hom geskei wees nie. Maar dit is die ewige lewe: ...

“Net so is julle ook nou bedroef, maar as Ek julle weer sien, sal julle harte vol blydskap wees, en niemand kan julle blydskap van julle af wegneem nie.” (Johannes 16:22) 

Pascal, die filosoof en wiskundige, se dogter ontdek hierdie papier: Jaar van Genade 1654. Vuur, die God van Abraham, Isak en Jakob se vuur het oor my gekom. Nie die woorde van filosowe en wetenskaplikes nie, maar die woorde van God. My God, waarom het ek U verlaat? Mag ek nie vir ewig van Hom geskei wees nie. Maar dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God en Jesus wat deur U gestuur is. Ek het Hom weer gekruisig, maar Hy is vir my gekruisig. Hy het my kom soek. Daarom het ek nou ewige vreugde … vir een dag van moeite op aarde.

Hierdie vreugde is meer as geluk. Geluk kom deur prestasie, omstandighede, mense en verhoudings, maar vreugde is ’n geskenk van God. Tydens Jesus se aardse lewe was daar vir Hom genoeg rede om ongelukkig te wees en tog was daar niemand meer vreugdevol nie. Hy het die hemel prysgegee vir die aarde, sy koningskap om ’n dienskneg te word, sy absolute Godheid het die reuk van ’n mens gekry. Seker daarom dat Dietrich Bonhoefer sê: Jesus is die toonbeeld van hardnekkige blydskap.

Wat is vreugde dan? Die uitdrukking van Andreas as die brood en die vis nie opraak nie en van die melaatse as sy stompie ’n vinger word. Die lied van die parapleeg wat dans en die gevoel van ’n dag se loon ná ’n uur se werk. ’n Vrou wat vry wegstap met klippe wat besaai lê sonder een wat gegooi is.

Vreugde is wanneer die goeie nuus by die agterdeur van jou hart inkom en jy weet hoe afhanklik jy van hierdie groot God is wat jou blydskap aansteek.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top