Ingesteldheid – dis alles in my kop!

Ingesteldheid – dis alles in my kop! 

Besigwees is ’n ingesteldheid, en jy moet die moeilike keuses maak om op die belangrike goed te fokus en jou energie daaraan te wy. Dis alles in jou kop!

Maak seker dat jy ingestel is op die regte dinge 

La dolce far niente. Die lekkerte om niks te doen nie!

Hierdie Italiaanse uitdrukking verwoord wat die meeste van ons verleer het. Ons hunker na die idilliese lekkerte om niks te doen nie, maar as ons tyd daarvoor maak, weet ons nie wat om te doen nie. Ons ...

Besigwees is ’n ingesteldheid, en jy moet die moeilike keuses maak om op die belangrike goed te fokus en jou energie daaraan te wy. Dis alles in jou kop!

Maak seker dat jy ingestel is op die regte dinge 

La dolce far niente. Die lekkerte om niks te doen nie!

Hierdie Italiaanse uitdrukking verwoord wat die meeste van ons verleer het. Ons hunker na die idilliese lekkerte om niks te doen nie, maar as ons tyd daarvoor maak, weet ons nie wat om te doen nie. Ons weet eintlik nie hoe om net te wéés nie. Selfs in ons nie-werktye is ons oor-besig.

’n Mens raak gou verslaaf aan besigwees. Dit kan ook nie anders nie, want elke keer as ’n mens iets vinnig voltooi, skei ons brein dopamien af. Dopamien se werking is soos dié van kokaïne! Besigwees is een van die verslawings van ons tyd, en dit gebeur in jou kop!

Natuurlik kan jou werk meer van jou verwag as waaraan jy kan voldoen. Maar besigwees is ’n manier om ongemaklike onderhandelinge of keuses te vermy. ’n Mens is te bang om te sê: “Ek kan nie dit ook nog doen nie,” uit vrees dat jy jou werk of aansien gaan verloor. Jy raak liewer meer besig totdat iets oppak en jy met siekverlof moet gaan.

Tipies is dit die intieme verhouding met jou geliefdes asook jou gesondheid wat eerste ly. Jy vrees die moeilike keuse om grense te trek om jou tyd en jou kapasiteit te beskerm. Dalk verkies jy om besig te wees eerder as om die besluit te neem om ’n ander werk te soek.

Jy is bang jy verloor beheer. Jy wil oral betrokke wees. Maar dis vrees, vrees dat jy uit beheer gaan raak.

Fokus op dít wat werklik saak maak  

Dikwels sê jy dat jy besig is omdat jy dink dit wys jy is produktief. Die probleem van besigwees is dat ’n mens se aandag en energie wyd verspreid is. Wanneer jy egter besig is met een taak wat al jou aandag vereis, is jy, volgens sielkundiges, in flow.

Die verskil is dat jy besig is, maar nie emosioneel oorweldig voel nie. Jy voel goed, al is jy besig. Die kuns is dus om die keuses te maak wat al jou aandag en energie in die oomblik op een aktiwiteit sal fokus. Waar jou passie en prioriteite mekaar in ’n gefokusde aktiwiteit ontmoet, is positiewe energie.

Die teenoorgestelde van besigwees is nie noodwendig ontspanning nie. Dis eerder om te fokus op wat werklik saak maak en jou aandag daaraan te wy.

Een van die maniere waarop Jesus bly fokus het, was om Homself gereeld af te sonder en met sy Hemelse Vader te gesels (Lukus 22:39, 41). Dit verg selfdissipline om dit gereeld te doen, maar dit bring weer hernude fokus. Jy kan die gewoonte aanleer om meer gereeld te gaan bid oor waar jou fokus moet wees.

Moenie die lekkerte van niks doen, vergeet nie. Dolce far niente is ook besigwees, maar dis die besigwees van tyd maak, nie tyd verbruik nie: tyd maak vir belangrike goed, nie dringende goed nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Daar is sekere basiese behoeftes en beginsels wat ons in plek moet hê in ons lewens om voluit te kan leef. Leer hoe om balans ...

Jy droom om iets merkwaardig met jou lewe te doen. CATHERINE VAN HEERDEN help jou bepaal of jou ambisie die tyd werd is wat jy ...

Scroll to Top