
Ja, jy kan… Die wêreld ‘n beter plek maak
- Ja, jy kan!
- Tracey Lange
‘n Mens word onthou vir dit wat jy doen en hoe jy mense laat voel. Só het radiopersoonlikheid en TV–aanbieder TRACEY LANGE se pa geglo. Wat kan jý doen om van die wêreld ’n beter plek te maak?
Ons soek soms ver in die wêreld na mense wat ons kan inspireer om goed vir ander te wees. ’n Hand wat uitreik deur ’n geldelike skenking, kos op die tafel of wat help om ander se laste te dra.
My pa het só geïnspireer, sonder baie geld.
Inspireer ander mense met hoe jy leef
My ouers was nooit ryk nie en veral my pa se familie het dit nie breed gehad nie. Hy moes ná graad 9 skool verlaat om die pot aan die kook te hou, aangesien hy die oudste van 13 kinders was.
Ongeag daarvan en jare se harde werk en moeilike omstandighede, was hy ’n plesier om mee saam te leef. Ons vergeet partykeer dat almal hulle eie dinge het waarmee hulle worstel. So glimlag, ons sal nooit weet wat dit vir ander beteken nie.
God ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Om te wag vir die omstandighede om reg te wees, kan dalk net veroorsaak dat jy nooit eers die geleentheid kry nie, sê MANDI DU ...
Hoe kan ʼn mens jouself verfris en vernuwing laat plaasvind? Is dit enigsins moontlik? Die diepste dryfkrag wat ons het, is om betekenisvol te leef, ...