Jou gedagtes is God se dagboek

Jou gedagtes is God se dagboek

As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek: U is vir my ’n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.

(Psalm 63:7-8)

Lê jy ook soms wakker en wonder: “Hoe kan ek my huwelik laat werk in die see van mislukking om my? Hoe kan ek in die lewe geluk vind?”

Dawid het ook oor hierdie dinge gewonder. Hy was tydens die gebeure van Psalm 63 waarskynlik in die Judeawoestyn, die onherbergsame reënlose gebied tussen Jerusalem ...

As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek: U is vir my ’n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.

(Psalm 63:7-8)

Lê jy ook soms wakker en wonder: “Hoe kan ek my huwelik laat werk in die see van mislukking om my? Hoe kan ek in die lewe geluk vind?”

Dawid het ook oor hierdie dinge gewonder. Hy was tydens die gebeure van Psalm 63 waarskynlik in die Judeawoestyn, die onherbergsame reënlose gebied tussen Jerusalem in die middel van die land. Die Dooie See was aan die oostekant. Hy was hier omdat Saul hom agtervolg het (1 Samuel 23-24).

Dié woestyn was egter ook die plek waar Moses se skoonfamilie, die Keniete, vroeër saam met die stam van Juda kom bly het, toe hulle die bergland ingeneem het met die intog in Kanaän (Rigters 1:16). Dit is dus ook ’n plek waar God sy teenwoordigheid al aan Dawid se voorfamilie gewys het.

Dié familiedinge hou Dawid se gedagtes besig terwyl hy in die nag op sy kampbed aan God en sy plan vir sy lewe nadink. In die woestyn sien hy ’n prentjie van dieselfde vleuels van die engele wat in die heiligdom beskerming bied. God is steeds vir hom ’n hulp en beskerming. Hy het niks anders nodig nie.

Indien jy soms in ’n skriktyd is, dink hieroor na:

• Waar in jou voorfamilie se geskiedenis het God Homself vir jou familie gewys? Dalk is dit tyd om jou familie op te soek en te vra wanneer God in Oupa of Ouma se lewe teenwoordig was.

• Vra ook ander mense wat hou hulle wakker in die nag. Hul antwoorde mag jou dalk minder alleen laat voel.

• Waar het God al sy vlerke onder jou ingeskuif of oor jou gehou?

Jou gedagtes is God se dagboek.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top