Jou pogings eer ’n hoër doel

Jou pogings eer ’n hoër doel

Het jy al gewonder wat jou hoër doel is? Dalk het jy dit nog nie ontdek of selfs daaraan gedink nie. Jou doel in die lewe is om God te eer.

Maak dit jou doelwit om God te eer

Die meeste van ons, indien ons iets verstaan en daarvan oortuig is, begin soos ‘n goed ge-oliede masjien te werk. Wanneer die aanwysings verstaan word, val die res in plek. Jy vaar dan beter in die uitvoering van jou doel. Jy hanteer dit met die nodige flair en passie en kan ...

Het jy al gewonder wat jou hoër doel is? Dalk het jy dit nog nie ontdek of selfs daaraan gedink nie. Jou doel in die lewe is om God te eer.

Maak dit jou doelwit om God te eer

Die meeste van ons, indien ons iets verstaan en daarvan oortuig is, begin soos ‘n goed ge-oliede masjien te werk. Wanneer die aanwysings verstaan word, val die res in plek. Jy vaar dan beter in die uitvoering van jou doel. Jy hanteer dit met die nodige flair en passie en kan jou doel met uitnemendheid afhandel.

Jou doel in die lewe is om God te eer; Hý is die hoër doel. Jou hele bestaan word ‘n sinvolle rede om te leef en werk. Alles begin sin maak, niks is oortollig nie.

Dat God notisie neem van dit wat jy doen, is kristalhelder in die Bybelteks oor die weduwee in die tempel: “Jesus het toe ‘n rukkie lank regoor die kollekteborde in die tempel gaan sit. Hy kyk toe wat die mense vir die tempel ingooi.” (Markus 12:14, DB)

Die hoër doel van die lewe is dat God in alles die eerste plek in jou lewe moet hê. Dit begin met oorgawe aan God. Wanneer jy doelbewus jouself aan God oorgee, word dit volle oorgawe.

Nou begin die doel van jou lewe soos ‘n paadjie vleg deur alles wat jy doen en sê. Jou lewe kry ’n patroon, Sy patroon.

Die algemene is nie meer die alledaagse nie; die patroon van jou lewe word soos ‘n goue draad geweef deur al jou voornemens. Jy kan die min en die nietige van die lewe hanteer, sowel as die groot en gekompliseerde.

Jou hantering van alles wat jy doen word Geesvervuld en doelgerig.

Doen jou werk doelgerig omdat jy God liefhet

Jy begin sien dat dit nie soseer gaan oor wát jy doen nie, maar hoé jy dit doen.

Elke taak, hoe klein ookal, word ‘n “gaan groot vir God”. Wanneer jy iemand groet met ‘n “goeie môre”, word dít die glimlag in jou oggend. Die krag van jou hele dag lê in jou woorde.

Wanneer jy jou werk begin, sal jy harmonie in enigiets wat eentonig is sit. Jou werk word ‘n deuntjie met ritme, dit word soos “musiek op alle sfere”. Jy word lief vir dit wat jy doen. Jou tyd word meer doelgerig en beduidend en voel nie meer soos die vyand nie.

Elke “gewone bos” sal soos ‘n vuur met God wees, want dit wat jy doen, dien God se belange. Elke ontmoeting word sinvol en elke terugslag ‘n stepping stone. Jy sal alles wat jy doen, begin beskou as “vir die liefde van God”.

Nou doen jy alles omdat jy God liefhet, alles word gedoen tot Sy eer.

Die Bybel sê: “In dié tyd sal daar selfs op die klokkies aan die perde se tuie geskryf staan: ‘Spesiaal bedoel vir die Here’. Die potte wat in die tempel van die Here gebruik word om in te kook, sal net so belangrik wees as die potte wat by die offeraltaar gebruik word … Wat sal gebeur, is dat elke kookpot in Jerusalem en Juda gebruik sal word in diens van die Here.” (Sagaria 14:20-21, DB)

Die potte en panne van alledaagse gebruik word as’t ware tempelskepe as hulle hanteer word “vir die liefde van God en tot Sy eer”.

Deel die artikel

Méér artikels

Die kernpunt waarom ek my terugkeer na God gevind het, was die feit dat ek die ewigheidswaarde van God besef het ten spyte van my ...

Daar is sekere basiese behoeftes en beginsels wat ons in plek moet hê in ons lewens om voluit te kan leef. Leer hoe om balans ...

Scroll to Top