Jy is gemaak om te lewe

Jy is gemaak om te lewe

“Hierdie dag word gewy aan die Here julle God. Moenie treurig wees nie, moenie huil nie.” ... “Gaan vier fees, eet en drink ... As julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm.”

(Nehemia 8:10-11)

Toe ek sestien jaar oud was, het my ouers ná ’n huwelik van twee dekades aangekondig dat hulle gaan skei. Dit was die grootste skok van my lewe.

Daarna het ons en my ma getrek uit ons groot huis op ’n plot na ...

“Hierdie dag word gewy aan die Here julle God. Moenie treurig wees nie, moenie huil nie.” … “Gaan vier fees, eet en drink … As julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm.”

(Nehemia 8:10-11)

Toe ek sestien jaar oud was, het my ouers ná ’n huwelik van twee dekades aangekondig dat hulle gaan skei. Dit was die grootste skok van my lewe.

Daarna het ons en my ma getrek uit ons groot huis op ’n plot na ’n woonstelletjie, en daar binne-in my klein, donker kamertjie het depressie sy lelike kop begin uitsteek.

Die slegste deel daarvan was dat ’n mens dit nie eens agterkom nie.

Sowat vier jaar later is ek eers gediagnoseer met depressie. Dit was blykbaar in so ’n erge vorm dat die sielkundige vir my medikasie wou voorskryf. Ek het geskrik, en die aanbod van die hand gewys.

Vir die eerste keer kon ek regtig sien hoe hartseer ek was, en net daar het ek besluit om hierdie ding te klop. Nie met medikasie nie, maar met my almagtige, helende God … my Vader, my Helper, my Beskermer.

Ek was vir ’n week saam met familie by die wildtuin, en een aand, toe die son so agter die berge sak, omring met sy pragtige skepping, het ek die besluit geneem om gelukkig te wees.

Ek het besluit dat hierdie ding my nie gaan onderkry nie en dat ek gemaak is om te lewe, en wel met lewe in oorvloed. Dit sluit nie depressie in nie. Ek het God aangeroep, en Hy het my net daar genees!

Wanneer ek ooit voel dat daardie donkerte weer oor my wil kom, pleit ek sy bloed. Daar is niks of niemand sterker as Jesus se bloed nie. Daar is soveel vreugde in Hom. Sy Naam sal altyd seëvier, ons moet dit net spreek, en glo. Ek lewe al elf jaar lank depressievry.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top