Sy grootheid vul my met ontsag
- #StilwordSondag
- Soekie Krog
Die Here is lankmoedig, maar Sy krag is groot: Hy laat geen skuldige ongestraf nie. Hy kom in rukwind en storm ... Hy spreek die see aan en laat dit droog word.
(Nahum 1:3-4)
“Hy is so-o groot,” strek Lianey haar armpies so wyd sy kan. Hoe kan ek vir ’n kleindogter van vier vertel hoe groot Hy is, as ek dit self nie eens begryp nie. Boeta, sewe jaar oud, kan al tot by duisend tel as hy lus het, maar steeds is dit nie genoeg om te bereken hoe wyd en sterk en groot God is nie.
“Nou hoe pas Hy dan in my hart?” wil die kleintjies weet. Ek is sprakeloos. God se vermoë om terselfdertyd groot en klein te wees; om in die hoogste hemel en die nederigste hart te woon terwyl sy heerlikheid die hele aarde vul ... dis onverklaarbaar.
Ek dink aan wonderwerke: Moses en die Rooisee, Daniël en die leeukuil, Dawid en Goliat. Dit klink so lank terug, so ver weg. Kan God dit vandag nog doen? Is sy krag nog ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. ...
“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...