“Jy is nooit te oud vir ʼn Nuwe Jy nie!” – PETRO SCHLAPHOFF

In die laaste jaar van haar 50’s het Petro Schlaphoff besluit om iets besonders vir haarself te doen. Sy wou wys – vir haarself én vir ander – dat dit nooit te laat is om aan jou gesondheid, jou selfbeeld en jou lewenslus te werk nie. “Ek doen dit vir my gesondheid én my selfbeeld. Ek wil elke dag beter voel,” vertel sy met ’n glimlag.

As administrateur ken Petro die uitputtende eise van ’n besige werkslewe. Lang ure, vergaderings wat tot in die aand strek en min tyd vir haarself was vir jare deel ...

In die laaste jaar van haar 50’s het Petro Schlaphoff besluit om iets besonders vir haarself te doen. Sy wou wys – vir haarself én vir ander – dat dit nooit te laat is om aan jou gesondheid, jou selfbeeld en jou lewenslus te werk nie. “Ek doen dit vir my gesondheid én my selfbeeld. Ek wil elke dag beter voel,” vertel sy met ’n glimlag.

As administrateur ken Petro die uitputtende eise van ’n besige werkslewe. Lang ure, vergaderings wat tot in die aand strek en min tyd vir haarself was vir jare deel van die prentjie. Maar musiek was nog altyd haar toevlug – sy speel orrel en viool in die kerk, en vind vrede in die koor en die natuur. Toe die Nuwe Jy-program oor haar pad kom, het sy dit gesien as ’n Godgegewe geleentheid om nie net fisies te verander nie, maar ook geestelik te groei.

Petro se reis het van die begin af struikelblokke gehad. Reeds in die eerste week moes sy oorsee reis vir ʼn troue. Op die eiland was daar nie vars produkte nie, en die familie het feesgevier met tafels wat kreun onder ongesonde kos. ’n Week daarna het sy in ’n hysbak vasgesit op haar vrugtedag. Tog het sy elke keer ’n manier gevind om vas te byt. “Ek het nog nie een keer van die eetplan afgewyk nie,” sê sy trots. “Ek pak my kos in, vat dit saam, en sê eenvoudig vir mense ek volg ʼn eetplan vir my gesondheid.”

Kom kyk wie wen die NUWE JY 2025!

Daar is 6 finaliste oor… Die wenner van die nuwe jy word aangekondig by ons Nuwe Jy-fees. Kry jou kaartjie nou!

Die aanpassings het vrugte afgewerp – letterlik én figuurlik. Haar smaak vir verwerkte kos het verdwyn, sy het meer energie as ooit, slaap beter en ervaar minder spierkrampe. Haar vel straal, haar klere sit losser, en sy het nuwe gesonde gewoontes aangeleer. “Ek het van 1 Januarie af al 29,7 kg verloor, maar wat my die meeste opgewonde maak, is hoe ek voel. Positief. Opgewonde. Gelukkig.

Een van haar grootste steunpilare is haar man, Bernard, wat besluit het om saam met haar die eetplan te volg. Hy berei die kos heerlik voor met kruie en speserye – soveel so dat sy nie eens lus raak vir ander geregte nie. Haar familie het ook aanvanklik gedink sy is te streng met haarself, maar ondersteun haar ten volle. Selfs haar skoonma sorg dat daar altyd kos is wat sy kan eet, wanneer hulle daar kuier.

Petro se geestelike reis loop soos ’n goue draad deur haar storie. Sy sien haar liggaam nou as die Tempel van die Here, soek elke dag haar “engel”-veertjie as teken van Sy beskerming, en vind vrede in die natuur. “Die Here het my deur elke uitdaging gedra – of dit nou ’n trek, ’n begrafnis of ’n dag vol versoekings was. Ek het geleer dat ek nie sjokolade of skyfies nodig het om stres te hanteer nie.”

Vandag, in ’n nuwe huis en met ’n nuwe roetine, voel Petro sterker as ooit – in liggaam, gees en hart. Sy plant haar eie groente, stap daagliks as deel van die “Walk in Faith”-groep, en sien elke dag as ’n kans om dankbaar te wees. Haar boodskap aan ander vroue is eenvoudig, maar kragtig: “Moenie wag vir die perfekte oomblik nie. Jou lewe verander die dag wat jy besluit om vir jouself op te daag. En glo my – dit is nooit te laat nie.”

Deel die artikel

Méér artikels

Hoewel sommige fisieke letsels onvermydelik is, beteken dit nie dat jy nie met die onooglike merke opgeskeep hoef te sit nie. Die meeste van ons ...

10 min. + gaarmaak 10 min. 5-6 sosaties Vir die sosaties   ongeveer 600 g skaapvleis in middelmatige blokkies gesny   ongeveer 12 sprietuie   6 vye (1 ...

Scroll to Top