Steek só letsels en velprobleme weg

Steek só letsels en velprobleme weg

Kleurregstellende grimeermiddels kamoefleer letsels. Dit is een van die beste grimeergeheime vir ’n egalige velkleur en foutlose gelaat.

Anders as onderlaag, word hierdie produkte nooit oor die hele gesig gebruik nie. Dit kan onder die oogarea, om jou neus en oë en selfs op die ooglede aangewend word. Verskillende skakerings bedek verskillende kleure vlekke en velprobleme.

Wend groen aan om puisies, letsels, rooiheid en aknee te bedek. Pers sal help om geel velondertone teë te werk of ’n vaal vel effens op te kikker. Gebruik oranje – of appelkooskleur vir ’n ligte vel – om donker kringe onder die oë te verlig. Meng rooi, oranje en geel om ’n pienk skakering te kry. Geel kan letsels met ’n pers kleur, onooglike are, kringe onder die oë en kneusplekke wegsteek.

Die produk is nie nodig as daar nie vlekke of merkies op jou vel is nie. Wend die voorbereidingslagie dun oor ongewenste merkies aan sodat die kleur nie deur jou onderlaag sigbaar is nie. Professionele verbloemers is meer gekonsentreerd as onderlaag en daarom hou dié grimering langer. Tik ’n klein hoeveelheid met jou vingerpunte aan vir ’n beter voorkoms. Wend ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Elke mens beskik oor ten minste een spesiale Godgegewe gawe. Jy hoef dit nie te verdien, te koop of daarvoor te vra nie. Dit word ...

Om te waag is om te groei. Dit kan egter gevaarlik wees om risiko’s te loop. Hoe leer jy jou kind om gesonde kanse te ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!