Kies die perfekte onderlaag: wenke vir elke veltipe en velkleur 

Pragtige grimering begin by die regte onderlaag! Ontdek hoe om die perfekte basislaag te kies en aan te wend vir jou veltipe en velkleur. 

Om die regte onderlaag met die regte metode aan te wend is ’n goeie vertrekpunt vir pragtige grimering. 

Omdat daar deesdae ’n onderlaag vir elke veltipe en -kleur is, kan jou gelaat sysag en egalig vertoon. Die geheim van ’n volmaakte voorkoms lê egter nie net in die kleur van jou onderlaag of jou veltipe nie.  

Die kwaste waarmee jy dit aanwend, byvoorbeeld ’n onder ...

Pragtige grimering begin by die regte onderlaag! Ontdek hoe om die perfekte basislaag te kies en aan te wend vir jou veltipe en velkleur. 

Om die regte onderlaag met die regte metode aan te wend is ’n goeie vertrekpunt vir pragtige grimering. 

Omdat daar deesdae ’n onderlaag vir elke veltipe en -kleur is, kan jou gelaat sysag en egalig vertoon. Die geheim van ’n volmaakte voorkoms lê egter nie net in die kleur van jou onderlaag of jou veltipe nie.  

Die kwaste waarmee jy dit aanwend, byvoorbeeld ’n onder laagkwas of stippelkwas, bepaal die hoeveelheid wat jy gebruik. Die bestanddele in die onderlaag speel ook ’n belangrike rol.  

Pas jou onderlaag by jou veltipe aan. As jou vel byvoorbeeld olierig is, word ’n olievrye produk aanbeveel en vir ’n droë vel ’n romerige professionele grimeerreeks.  

Die regte kleur en soort onderlaag kan ’n aansienlike verskil aan jou voorkoms maak. Onderlaag moet soos ’n tweede vel lyk en voel, en die kleur moet by jou velkleur pas. Toets dit aan die onderkant van jou kakebeenlyn, die kant van jou gesig of die middel van jou wang.  

Die meeste bedekking is gewoonlik in die middel van jou gesig nodig. Soms is dit nie eens nodig om onderlaag aan die buiterand van jou gesig aan te wend nie.  

Sodra jy die regte onderlaag vir jou veltipe aangeskaf het, kan jy dit soggens tuis aanwend en weet dit gaan heeldag hou. Gebruik altyd ’n kwas om dit met druk-en-lig-bewegings van die binnekant van jou gesig na buite aan te wend.  

Om te voorkom dat die grimering gedurende die dag afsmeer of blink, is dit van die uiterste belang om die onderlaag te set. Wend met ’n ronde sponsie ’n fyn, los deurskynende poeier bo-oor aan. 

Deel die artikel

Méér artikels

Hier is ’n paar maklike wenke om ’n dowwe, moeë gelaat weer lewe en glans te gee en te bevogtig met die regte grimering. ’n ...

Goed gedefinieerde, voller wenkbroue gee definisie aan jou gesig. Dit is maklik om met ’n paar grimeerkunsies die illusie van perfekte wenkbroue te skep. Dié ...

Scroll to Top