
Kies mooi as dit by skoonheidsbehandelings kom
- Gesond
- Ellenore Meyer, mediese dokter
Plastiese chirurgie is lankal nie meer eksklusief beskikbaar vir ’n uitgesoekte handjievol persone nie. Vandag is Botox so algemeen soos ’n facial.
Jy het seker al na ’n makeover-program gekyk waar ’n vrou binne ’n paar weke ’n totale transformasie ondergaan. Haar hare word gekleur en gestileer, haar tande gebleik en haar grimering word onder hande geneem.
Die begeerte om mooier en jonger te lyk is normaal. Miskien het jy self al ’n ontrimpelingsbehandeling of ’n meer drastiese operasie oorweeg. Maar is chirurgie die oplossing?
Estetiese medisyne fokus op kosmetiese voorkomsverbetering deur die behandeling van toestande soos littekens, velverslapping, plooie, moesies, lewervlekke, oortollige vet, selluliet, ongewenste hare, verkleuring van die vel en spinnekopare.
Daar is verskeie behandelingsopsies beskikbaar. Dit wissel van ligterapie, wat liggebaseerde laserbehandeling of haarverwydering behels, en inspuitbare stowwe, soos Botox of kollageen, tot mediese gewigsverliesprogramme en velvernuwingsterapie, wat chemiese afskilfering en mikrodermabrasie insluit.
Botox is goedkoper as ’n gesigontrimpeling en is ’n niepermanente, minder ingrypende oplossing om byvoorbeeld van fyn plooitjies rondom die oë, fronsplooie en voorkopplooie ontslae te raak. Borsvergroting is chirurgie om die borste te vergroot. Dit behels ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Metaboliese sindroom is ’n leefstylsiektetoestand wat wêreldwyd al hoe meer voorkom en hou ’n enorme bedreiging vir jou gesondheid in. Metaboliese sindroom kom by een ...
Oudword is een van die onvermydelike realiteite van die lewe. Hierdie nuwe tydvak hoef egter nie ’n krisis te wees nie. Hoe jy hierdie metamorfose ...