Kies ’n versorgingsroetine wat vir jou vel werk

Kies ’n versorgingsroetine wat vir jou vel werk

Die media oorweldig ons met foto’s van perfekte gesiggies om duisende produkte te adverteer.

Nie net laat die vlekkelose modelle jou twyfel oor jou eie voorkoms nie, maar niemand weet wáár om te begin soek vir die produk wat die beste resultate lewer nie.

Jou vel is die grootste orgaan in jou liggaam en behartig verskeie funksies en prosesse.

Een hiervan is om jou liggaam teen eksterne faktore te beskerm. Dit is harde werk!

Deur nie jou unieke behoeftes te verstaan en daaraan te voldoen nie ...

Die media oorweldig ons met foto’s van perfekte gesiggies om duisende produkte te adverteer.

Nie net laat die vlekkelose modelle jou twyfel oor jou eie voorkoms nie, maar niemand weet wáár om te begin soek vir die produk wat die beste resultate lewer nie.

Jou vel is die grootste orgaan in jou liggaam en behartig verskeie funksies en prosesse.

Een hiervan is om jou liggaam teen eksterne faktore te beskerm. Dit is harde werk!

Deur nie jou unieke behoeftes te verstaan en daaraan te voldoen nie of deur die verkeerde produkte aan te wend, kan jy meer skade as goed doen. Om ’n gesonde vel te hê, is dit belangrik dat jy genoeg slaap, gereeld oefen – en uiters noodsaaklik – die regte versorgingsroetine vir jou veltipe en -toestand volg.

Toestande sluit onder meer volwasse, sensitiewe, ontwaterde en akneevelle in.

Tipes sluit die volgende in: normaal, droog, olierig en kombinasie.

Beantwoord die volgende vrae om jou tipe te identifiseer: Hoe voel jou vel in die oggend as jy opstaan? Hoe voel dit in die middag? Blink dit? Van watter room tekstuur hou jy, ’n ligte room of ’n swaar room? Hou jy van ’n seperige reinigingsmiddel? Hou jy van water op jou lyf?

Deel die artikel

Méér artikels

Enige veltipe kan sensitiwiteit ondervind, trouens ’n verrassende aantal vroue sukkel met dié toestand, wat kan wissel van matig tot ernstig. “Sensitief” en “allergies” beskryf ...

Annique Rooibos se betroubare en innoverende velsorg- en gesondheidsprodukte verseker dat elke vrou op haar beste lyk en voel. Jy kan nou ’n ekstra inkomste ...

Scroll to Top