Kies waardes wat eg en bepaald is vir jou lewe

Kies waardes wat eg en bepaald is vir jou lewe 

Kies waardes wat by jóú pas! LIZETTE VOLKWYN verduidelik hoe om kernwaardes te kies wat reg is vir jou, jou lewe weerspieël en jou besluite help vorm.  

Ondersoek jou waardes in ’n wêreld van namaaksels en kortpaaie 

In ʼn wêreld van namaaksels, vinnige opsies en kortpaaie gee ons soms toe en knak onder die druk. Daar is oomblikke in ons lewe wat ons onsself verloor, of dit nou is as iemand se dogter of Mevrou so en so. Soms sit die etiket wat ons dra nie heeltemal gemaklik aan ons ...

Kies waardes wat by jóú pas! LIZETTE VOLKWYN verduidelik hoe om kernwaardes te kies wat reg is vir jou, jou lewe weerspieël en jou besluite help vorm.  

Ondersoek jou waardes in ’n wêreld van namaaksels en kortpaaie 

In ʼn wêreld van namaaksels, vinnige opsies en kortpaaie gee ons soms toe en knak onder die druk. Daar is oomblikke in ons lewe wat ons onsself verloor, of dit nou is as iemand se dogter of Mevrou so en so. Soms sit die etiket wat ons dra nie heeltemal gemaklik aan ons nie.  

Ons raak gefrustreerd met die lewe. Ons is ongelukkig en onvergenoegd met ons omstandighede. Die krieweling van hierdie oorverdowende binnestem weergalm in ons gemoed. In hierdie oomblikke besef ons dat daar iewers groot fout is en stoei ons om die kloutjie by die oor te bring.  

Ons is geneig om so gou verontwaardig te voel, ons laat toe dat ons menswees aangetas word. Die lewe is teen my, almal en alles is daarop uit om my te benadeel … Die waarheid is, dit het niks te doen met die ander persoon nie, maar eerder die kern van ons persoonlike waardes en die emosies wat dit ontketen.  

Jy dink dalk: Almal het waardes, ek weet dit! Dit is integriteit, eerlikheid, betroubaarheid en verskeie ander. Is dit regtig net dit? Die waarheid is, ons persoonlike waardes, die kernwaardes of menslike standaarde, is die dryfkrag van ons besluite, ons reaksies, ons keuses, die “goedvoel” van mense al dan nie.  

Ons voel aan of mense “reg voel”. Ons gevoelens bepaal of ons oordeel al dan nie. Ons maak besluite direk as gevolg van ons waardes, dit is die dryfkrag en motivering vir ons besluite en gedrag elke dag.  

Elke persoon het sy eie stel waardes, of ons dit wil erken of nie. Dis in tye van auto pilot wat ons onbewustelike waardes oorneem en emosies ontketen wat ons nie verstaan nie.  

Hoe jou kernwaardes jou lewe en besluite vorm

As jy nie eienaarskap van jou waardes neem nie, gaan jy altyd gelei word deur verskillende opinies.  

Jy sal jouself telkemale bevraagteken. Ervaring het my geleer, sodra ek nie seker is van ’n besluit nie, voel dit asof ek nie ten volle my huiswerk gedoen het nie. My eie waardes weergalm teen die keuse. Ek het dan hierdie knaende stemmetjie wat fluister: “Jy moes dalk die ander besluit geneem het.”  

Waardes is jou persoonlike GPS wat vir jou riglyne gee in jou lewe. Dit sê vir jou of iemand in jou vriendekring gaan pas, of jou werk geskik is vir jou. Dit help om moeilike besluite vinniger te neem en te regverdig.  

My kernwaardes is dit wat onmiddellik uitspring, dit is geloof, familie, integriteit, stabiliteit en omgee. Sou ek ’n werksaanbod kry waar my godsdiens nie erken word nie, ek weg van my familie sou wees en ek geen sekuriteit het dat ek nog werk gaan hê ná ses maande nie, sal my waardes bepaal dat ek die aanbieding van die hand sal wys.  

Kom ons kleur die prentjie ’n bietjie anders in. Indien my waardes avontuur, beroep, altyd die beste, finansiële rykdom en nuwe horisonne was, sou my besluit heeltemal anders wees.  

Kernwaardes definieer wie en wat ek is. 

  • Dit is die boksie wat ons oopmaak om aan die wêreld te wys  
  • Dit hou emosies in toom  
  • Dit help jou verstaan hoe verskillende gebeure ʼn effek op jou lewe het.  

Vul vandag jou waardeboksie. Ontdek jou waardes en maak jouself tuis in jou eie geskenkboksie van waardes. Is dit nie tyd dat jy jou kernwaardes neerpen nie? Klim nou in jou eie nommerpasboksie sonder kante wat druk!  

Deel die artikel

Méér artikels

Om meer kreatief te kan wees, moet jy jou gedagtes ontvanklik hou vir nuwe en onbekende dinge, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING. Dit verg durf ...

Om te wag vir die omstandighede om reg te wees, kan dalk net veroorsaak dat jy nooit eers die geleentheid kry nie, sê MANDI DU ...

Scroll to Top