Gretha Wiid [Oudio+Video]

Kroon jou man as koning in jou huis 

As jou huwelik deur stormwaters gaan, kies om jou man staande te hou in die krisis. Kroon jou man as koning in jou huis en pluk die soete vrugte om soos ’n koningin behandel te word.

Besef vroue ooit werklik hoe diep ’n man se begeerte is om mans genoeg te voel en op alle terreine vir sy gesin te voorsien? Dit is deel van hulle DNS.

Die hartseer waarheid is dat ons in ’n prestasiegedrewe samelewing leef waar sukses gemeet word aan waar jy bly, wat jy ry en hoeveel jy ...

As jou huwelik deur stormwaters gaan, kies om jou man staande te hou in die krisis. Kroon jou man as koning in jou huis en pluk die soete vrugte om soos ’n koningin behandel te word.

Besef vroue ooit werklik hoe diep ’n man se begeerte is om mans genoeg te voel en op alle terreine vir sy gesin te voorsien? Dit is deel van hulle DNS.

Die hartseer waarheid is dat ons in ’n prestasiegedrewe samelewing leef waar sukses gemeet word aan waar jy bly, wat jy ry en hoeveel jy kry.

Jy kan steeds die kroon op jou man se kop hou al gebeur daar slegte dinge, byvoorbeeld dat jou man sy werk verloor.

Wees ‘n veilige hawe vir jou eggenoot

Elke man het ’n dringende begeerte om mans genoeg te voel. Hy wil weet hy is suksesvol en dat sy vrou hom respekteer.

As jou man byvoorbeeld afgelê is, is dit logies dat hy soos ’n absolute mislukking gaan voel. ’n Sneeubal van emosies word ontketen: geen selfrespek, tonne frustrasie, geen selfvertroue, depressie, aggressie.

In hierdie warboel van emosies bly die waarheid steeds dat die meeste mans nie maklik hulle harte oopmaak en hulle swakheid of vrese erken nie.

Daar is nie kitsoplossings nie, maar daar is dinge wat jy kan doen om jou huwelik veilig deur stormwaters te stuur.

Hou dadelik op om jou man se foute met jou vriendinne of jou ma te bespreek – jy moet hom eer as koning en beskerm teen die veroordeling van ander. Jy moet vír hom veg, nie téén hom nie.

Vra God om jou te wys waar jy jou man nie met respek behandel nie en waar jý moet verander.

Begin om met dringendheid vir jou man te bid – vir sy beskerming, geloof, werk, verhoudings met ander, sy emosionele welstand, sy manwees, identiteit en gesondheid. As jy hom kritiseer, sy eer aanval, hom onbevoeg of belaglik laat klink of behandel asof hy ’n kind is, sal hy jou sien as die vyand, en nie as sy waardige helper en maat nie.

Gee jou man tyd om self sy emosies te verwerk, maar laat hom met jou optrede en ondersteuning besef dat jy hom nie veroordeel nie.

Dis uiters belangrik dat hy moet weet jy is ’n veilige hawe vir hom. As julle nie praat oor dit wat krap nie, kan die stilswye ’n verhouding oornag insluk.

Sy eer is reeds gekrenk as gevolg van sy werkloosheid, depressie of pornografieverslawing. Hy het nie nog preke of ’n mamma-weet-beterhouding nodig nie.

Laat jou huwelik ‘n getuienis word wat ander bemoedig

Besef vandag dat die grootste seëninge kom nadat ons ons eie trots neergelê het en teen ons wil kies om gehoorsaam te wees.

Ons huwelike word geseën as ons kies om dinge op te offer sonder om noodwendig die rede daarvoor te verstaan.

Dink aan Abraham. Hy moes ook iets doen wat nie vir hom reg of regverdig gevoel het nie.

Die strategie om jou man se kampvegter te wees en hom te sien en te behandel soos dit God behaag, gaan dalk ook nie vir jou reg of regverdig klink nie, maar dit gaan bes moontlik ongelooflike resultate hê.

’n Goddelike vrou sien die groter prentjie. Sy veg vir haar man se koningskap deur haar eie trots neer te lê.

Moenie onderskat wat jou lyf vir hom kan beteken nie. Jou man voel dalk ook in die slaapkamer soos ’n mislukking, maar dis hier waar jy hom verkeerd kan bewys.

Deur vir jou man te wys jy begeer hom steeds, jy vind hom aantreklik en het sy manwees nodig, sal jy berge versit. Alhoewel hy soos ’n mislukking in die oë van die wêreld voel, sal hy steeds mans genoeg voel in die slaapkamer.

Vra God vir onderskeidingsvermoë om die dinge raak te sien waaroor jou man nie praat nie. Bid dat God jou daagliks daaraan sal herinner dat Hy steeds in beheer is, en nie ’n flikkerende lamp sal uitdoof nie.

Onthou dat dit ’n baie sterk en dinamiese vrou neem om ’n man in koningskap in te bid en ondanks alles aan ’n goddelike strategie vas te hou.

Met ’n sagte hart, ’n vegtersgees en ’n koningin wat haar man eer, sal julle hierdeur kom. Net miskien word julle getuienis een wat môre iemand anders bemoedig!

Deel die artikel

Méér artikels

Wie is werklik in beheer van julle huwelik? Ontrafel die wanopvattings oor onderdanige vroue en leer hoe om ’n gebalanseerde en gelyke huwelik te bou! ...

Baie mans skram weg daarvan om hulleself geestelik en emosioneel voor hulle vrou te ontbloot. Hulle sukkel byvoorbeeld om voor hulle vrou te bid. ’n ...

Scroll to Top