Wees aan jou huweliksmaat se kant
Die storms van die lewe kan ’n mens se bootjie soms laat kantel, maar in ’n huwelik is daar kameraadskap. Jou maat kan jou help en bystaan.
Spanwerk kan jou huwelik deur stormwaters help
Ek dink God skud soms Sy kop in verwondering oor paartjies wat probeer om punte teen mekaar aan te teken. Soos party huweliksmaats tekere gaan, lyk dit soms soos ’n Survivor-episode. Hulle probeer mekaar outwit, outplay en outlast.
Wat hulle ongelukkig te laat uitvind, is dat daar nie ’n wenner is nie. Niemand wen ’n paar rand nie en niemand kry ’n glansryke titel en trofee nie.
Die enigste plek waar mense telling hou teen mekaar, is waar hulle vir verskillende spanne speel. Wanneer jy dit egter kan regkry om jou trots neer te lê, gee jy die opponent ’n bloedneus.
Satan kry bloedneus en sy span loop stert tussen die bene weg. Die Woord leer ons mos in Matteus 12:25 dat ’n huis of gesin wat in homself verdeel is, nie staande kan bly nie. Satan se strategie om gesinne en huwelike te laat sneuwel begin ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Huweliksmaats het stokperdjies nodig. Maak net seker daar is balans, en dat dit nie gehaltetyd saam met jou maat steel nie. Vind balans tussen jou ...
Tegnologie is wonderlik. Dit maak die lewe makliker, vinniger en interessanter. Soos met alle goeie goed, moet ons egter waaksaam wees. Sit neer jou foon ...