Gretha Wiid [Oudio+Video]

Het jou selfoon jou huwelik gesteel

Tegnologie is wonderlik. Dit maak die lewe makliker, vinniger en interessanter. Soos met alle goeie goed, moet ons egter waaksaam wees.

Sit neer jou foon en tel op jou huwelik

Paar jaar gelede het jy jou kantoordeur toegetrek en huis toe gegaan. By die huis was die rys, vleis en aartappels spoedig gaar, en die kinders se huiswerk gedoen.

Vandag lyk die prentjie heelwat anders. Ons werk langer ure, netwerk met kliënte en doen gou nog ’n laaste projek op ons skootrekenaar by die huis.

Ons kla oor tieners wat heeldag op hulle fone besig is, terwyl ons self nie heeltemal onskuldig is nie.

Ons het nooit genoeg tyd nie, maar bestee ure daaraan om ander se inskrywings, video’s, foto’s en kommentaar op sosiale media te like – in plaas van om die persoon langs jou op die rusbank te like!

Sosiale media bring ons miskien nader aan mense wat ons nie gereeld sien nie, maar dit verwyder ons ver weg van die mense in ons huis.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Huweliksmaats het stokperdjies nodig. Maak net seker daar is balans, en dat dit nie gehaltetyd saam met jou maat steel nie. Vind balans tussen jou ...

Die storms van die lewe kan ’n mens se bootjie soms laat kantel, maar in ’n huwelik is daar kameraadskap. Jou maat kan jou help ...

Scroll to Top